Categories: Artikels, BesproeiingPublished On: 2nd February 2018

Benut water beter:

By 5 min read
875 words

strukturering water 1

Ongestruktureerde water Gestruktureerde water

ProAgri het by ’n Suid-Afrikaanse maatskappy wat frekwensies gebruik om waterstruktuur te verander, aangeklop vir inligting. Die maatskappy gebruik ook frekwensies om ongewenste goggas te beveg, maar in hierdie artikel val die klem op water.

Michelle Prinsloo van Agri Frequencies verduidelik dit so:

Die natuur het sy eie proses om water te suiwer vir hergebruik, maar weens die toenemende bevolkingsdruk en die gepaardgaande infrastruktuur beland die meeste water wat ons gebruik in mensgemaakte filtrering-, suiwering- en bergingstelsels. Die pomp en opgaar van water het tot gevolg dat die watermolekules groepe of bondels begin vorm om energie te spaar (dit is ’n natuurlike proses). In Engels verwys hulle hierna as clusters.

Sou ons die water gelos het om deur sy natuurlike syfering te gaan tot waar die water self opstoot na die oppervlak en dan in strome, oor magnetiese klippe en deur maalkolke vloei, word die water natuurlik gestruktureer.

Wanneer daar verwys word na gestruktureerde water, beteken dit eenvoudig dat die groepe molekules (clusters) losgebreek word en die enkelmolekules ’n gestruktureerde orde handhaaf. Dit verlaag ook die oppervlakspanning van die water. Figuur 1 beeld dit mooi uit.

Seskantige/gestruktureerde watermolekules                                   Ongestruktureerde watermolekules
Figuur 1

Dr Gerald Pollack van die Universiteit van Washington, ’n professor in Bio-ingenieurswese, het water se struktuur bestudeer en tot die volgende insigte gekom:

Water bou ’n geheue op na aanleiding van die omgewing waaraan dit blootgestel word. Díe geheue, sowel as besoedeling, dra by tot die vorming van groter watermolekulegroepe. Hierdie groepe is té groot om doeltreffend deur selwande te beweeg en dit lei tot dehidrasie (ontwatering) en swak gesondheid, selfs wanneer voldoende water beskikbaar is. Sien Figuur 2.

Figuur 2

Om die molekules weer op te breek om afsonderlik te funksioneer, moet energie toegevoeg word. Dr Pollack het bevind daar is hoofsaaklik drie metodes om water te mikroniseer/struktureer: deur ’n draaikolk, met magnetisme of met frekwensies.

Hierdie strukturering bring mee dat water beter deur selle opgeneem kan word. Nie plant-, mens- of dierselle kan die bondels behoorlik opneem nie. Die enkel watermolekules het ’n laer oppervlakspanning, dus los voedingstowwe beter daarin op en sowel water as voedingstowwe word beter en makliker deur selle opgeneem, ongeag of dit in mense, plante of diere is.

Gestruktureerde water het tot gevolg dat plante, diere en mense minder water gebruik omdat die water beter opgeneem word.

Die gestruktureerde water het ook meer suurstof beskikbaar. Ons ken water as H2O, maar gestruktureerde water vorm H3O2. Die feit dat gestruktureerde water meer suurstof bevat, is van kardinale belang vir goeie gesondheid. Dit verhoog ook groei en produksie by plante en diere.

Gestruktureerde water bly vloeibaar teen temperature so laag as -6˚C.

Ongestruktureerde water                                                     Gestruktureerde water

Studie beaam die waarde

’n Studie oor die invloed van gestruktureerde water op die ontkieming en groei van makadamiaboompies is onlangs deur ’n nagraadse student, Nicole Boogaers, onder leiding van dr J Berner van die Potchefstroomse Universiteit, onderneem.

Nicole het 210 sade geplant. Die helfte is met gemagnetiseerde/gestruktureerde water benat en die ander helfte met gewone munisipale water as ’n kontrole.

Die ontkieming van die eerste groep was 97% (102 sade) en die kontrolegroep 76% (80 sade). Van die 102 het 94 gegroei en van die 80 in die kontrolegroep het 55 plantjies gegroei.

Na 6 weke was die wortels van die boompies in die eerste groep gemiddeld 29,1 cm lank en in die kontrolegroep 17,5 cm. Die eerste groep het ook 20% minder water gebruik.

Die bevinding was dus dat die makadamiasaailinge 20% beter ontkiem het en 23% beter gegroei het met 20% minder water. Die vloei van die gemagnetiseerde water deur die besproeiingspype was ook beter.

Nicole het ondertussen ook proefnemings gedoen oor die groei van blaarslaai in ’n hidroponiese stelsel en haar bevindings was dat die gestruktureerde water wat met frekwensies behandel is tot beter groei en minder siektes lei.

Gesonde saailinge wat gestruktureerde
water ontvang.

Hoe die behandeling werk

Michelle verduidelik dat kristalle met die nodige frekwensies geprogrammeer word om die water te struktureer. Hierdie kristalle word dan tussen twee lae rubber gelamineer en die eindproduk lyk soos ’n rubberblokkie wat eenvoudig om jou pyp geplak word. Soos die water deur die pyp vloei, word dit gestruktureer. Die materiaal waarvan die pyp gemaak word en die grootte van die pyp het geen invloed op die doeltreffendheid nie.

Dit is belangrik dat die struktureerder/s 80% van die omtrek van die pyp moet dek. Een struktureerder is voldoende vir ’n 25 mm pyp. ’n 100 mm pyp gaan dus vier struktureerders benodig.

Die struktureerders het nie nodig om versien of vervang te word nie, solank die struktureerder sy integriteit behou. Dit is ook nie afhanklik van eksterne kragbronne nie.

Waterstruktureerder

70% van die aarde se oppervlak bestaan uit water. Daarvan is 97% soutwater en slegs 3% varswater. Uit die 3% varswater is slegs 1% beskikbaar vir gebruik, die ander is in die pole vasgevang.

Volgens WaterWise se web-tuiste is die gemiddelde reënval wêreldwyd 985 mm per jaar. Die gemiddelde reënval in Suid Afrika is ongeveer 492 mm per jaar, wat Suid Afrika ’n waterarm land maak. 

In die WWF-verslag, Water: Facts and Futures: Rethinking South Africa’s Water Future, wat in 2016 uitgegee is, ontstaan 50% van die land se riviere op sowat 8% van die grond.

Vir meer inligting oor die strukturering van water en die ander gebruike van frekwensies, besoek gerus www.agrifrequencies.com of stuur n e-pos na info@agrifrequencies.com.

 

 

0
Tags:

Deel hierdie artikel.

Leave A Comment

0