Categories: Kunsmis, NuusPublished On: 21st May 2018

Bemestingsbeginsels vir koring

By 4 min read
818 words

sidi kunsmis op wa

Deur Jason Sparrow, SIDI-landboukundige, BSc Agric Hons, PriSciNat (Regnr 400202/11)

Die bemesting van koring speel ‘n groot rol in die suksesvolle en volhoubare produksie daarvan. Sekere beginsels is belangrik om te oorweeg tydens die beplanning van ‘n volledige koringvoedingsprogram.

Voedingstowwe moet in die regte vorm, asook in die grondoplossing, wees vir opname deur plante. Voeding in die pens is beter as in die spens. SIDI wend geweldig baie hulpbronne aan om wetenskaplike tegnologie in plantvoeding te bevorder en te ontwikkel. Die nuwe Opti-reeks vloeibare produkte asook die Ultra-reeks korrelprodukte bied die boer ‘n wye keuse. Kunsmis is ‘n kommoditeit, maar wetenskaplike plantvoeding is kwaliteit.

‘n Koringvoedingsprogram kan opgedeel word in vier hoof fisiologiese groeifases:

Begin reg (plant)

Dit is van kardinale belang om enige gewas reg te begin met die regte kunsmis. Fosfaat is gewoonlik die hoofvoedingskomponent in kunsmis. Fosfaat word deur diffusie opgeneem. Die plasing daarvan is dus belangrik om die regte konsentrasie van fosfaat te verseker. Fosfaat voorsien die plant van energie en verhoog die stoelvermoё van koring.

Ultra Starter is een van die beter opsies om as plantkunsmis te kies. Die stikstof-, fosfaat- en kaliumverhouding daarvan is uniek geformuleer om groei en ontwikkeling te stimuleer. Patent Kali vorm deel van die kaliumbron in die produk en dit gee die mengsel ‘n laer soutindeks vir minder brandskade. Die Patent Kali bevat kalium, magnesium asook swael, alles in hoogs plantbeskikbare vorms.

Magnesium is belangrik in ‘n kunsmismengsel, want dit stimuleer fotosintese en die beweging van suikers in die plant.

Wat die Ultra Starter uniek maak, is die hoogs gekonsentreerde mikro-elementbedekking op elke korrel. Die sinkvlakke in die mengsel is baie hoog, maar die bedekking bied ook plantbeskikbare yster, mangaan, koper en boor aan vir die gewas. Vroeёr toedienings van mikro-elemente gee die beste resultate. Figuur 1 wys die effek wat die Ultra Starter op koringopbrengs het, en dat dit wys is om te begin met die beste.

Figuur 1

  • Opkoms en stoel

Die opvolg-kunsmis of kantbemesting is hoofsaaklik stikstofgegrond. Stiktof stimuleer onder meer vegetatiewe groei, maar dit word ook die meeste onttrek deur baie gewasse. Kalsium saam met stikstof is baie belangrik want kalsium stimuleer wortelontwikkeling, help die plant om spanning beter te hanteer en vorm deel van die selmembrane van die plant. Kalsium word ook strategies gebruik as deel van ‘n soutbestuursplan. Die voordele van kalsium is groot, maar dit is nie altyd in plantopneembare vorms in die grond nie. Kalsium word net opgemeen in die katioonvorm (Ca2+). Die toediening van Opti Green sal beskikbare kalsium, boor en stikstof voorsien tydens die opkoms- en stoelfase van koring. Figuur 2 wys die voordeel van kalsium op koring.

Invloed van kalsium op koring met kalsiumtekorte volgens blaarontledings:

Figuur 2

Wortelgroei kan ook aangehelp word deur Afrikelp wat die regte verhouding ouksien (groeistof) en sitokinien (planthormone wat seldeling en groei bevorder) het wat wortelgroei en -aktiwiteit bevorder. Die gebruik van silikon deur die produk Cibusil sal ook help om ‘n sterker plant te vorm.

  • Pyp- en vlagblaarstadium

Hierdie fase kan gesien word as een van die belangrikste groeistadiums in ‘n koring se siklus en daarom moet voedingvoorsiening optimaal wees. Talle proewe bewys daar is positiewe resultate waar fosfaat en kalium as ‘n mengsel in kombinasie met stikstof toegedien word. Daar is ‘n interaksie tussen die drie makro-elemente, en die toediening daarvan deurlopend in die groeiseisoen sal die beste effek op opbrengs hê. Die onttrekkingkurwes in figuur 3 wys dat kalium en fosfaat sterk benodig word in die tydperk. Gebruik Opti Pot, Opti Top of Opti Balance tydens die fase om in die behoefte te voorsien.

Figuur 3

  • Blom en graanvul

Moenie teen die einde laat slaplê nie. Die blom- en graanvultydperk is deurslaggewend vir opbrengs en die gehalte van jou graan. Klimaat speel ook ‘n groot rol tydens die fase en bepaal ‘n groot deel van die potensiaal, maar die bestuur van voeding is net so belangrik. Stikstof is teen die einde gebruik om protiëne te vorm, maar kalium en fosfaat is net so belangrik. Stikstof is net die boublok van aminosure, maar kalium is nodig om die ensieme wat die aminosure laat komplekseer te aktiveer om protiëne te vorm. Die fosfaat is die energie bron wat die proses laat werk. Figuur 4 wys die invloed van ‘n mengsel teenoor stikstof alleen.

Figuur 4

Opsomming

Dit is belangrik om te onthou dat voeding net ‘n deel van die gewasverbouingspraktyk is. Daar is baie ander faktore wat in ag geneem moet word, soos bewerking, saadbed, plantdiepte, kultivar, plantdatum, plantestand asook water- en soutbestuur. As die potensiaal geskep is, kan ‘n volledige voedingsprogram die koring ondersteun om die volle potensiaal te bereik.

Vir meer inligting oor bemestingbeginsels van koring en ander gewasse, kontak vir SIDI of Jason Sparrow by 082-805-5177 of jasons@sidip.co.za

Erkenning aan André Prins en dr Chris Schmidt

*SIDI is ‘n kunsmismaatskappy wat korrelprodukte sowel as vloeibare kunsmis vir boere voorsien.

Sidi

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

0

Deel hierdie artikel.

Leave A Comment

0