Bekostigbaar, doeltreffend, duursaam: Hou jou vee binne met SWC Quip se omheiningstoerusting

IMG-20230911-WA0030
“Nêrens in die mark kon ek beter kry nie, veral nie ‘n produk wat spesiaal volgensmy spesifikasies vervaardig word nie.”
So sê Org Teessen van Vooruitzicht Boerdery in Noordwes. Hy gebruik SWC Quip se omheiningstoerusting want hy glo dit is die heel beste. Hy boer tussen Koster en Swartruggens, asook tussen Koster en Grootpan met vleisbeeste.
SWC Quip sorg dat sy vee altyd veilig binne ‘n kamp of kraal en agter ‘n hek gehou word.
Hy het al omtrent alles wat hy in sy boerdery gebruik by SWC Quip gekoop:
- Hekke: SWC Quip vervaardig hekke kan van tot 6 000 mm wyd en 2 400 mm hoog. As hierdie standaard jou nie pas nie, maak hulle vir jou ‘n hek volgens jou spesifikasies. Hulle hekprodukte sluit in: vendusiehekke (platyster), diamantdraadhekke, plaashekke (draadhekke), wildsplaashekke, kraalhekke, perdetoerusting en veehanteringstoerusting.
- Alle hekke word deeglik in aluminium-bitumenverf gedoop.
- B-graad pype vanaf 27 mm tot 152 mm vir krale of strukture.
- Pale en stutte vir vee- en wildomheining. Hierdie pale en stutte word volgens jou spesifikasies vervaardig.
- Kettings: Alle soorte kettings van verskillende groottes en lengtes vir verskillende gebruike.
- Staaldraadkabels: SWC Quip verskaf die beste gehalte staaldraadkabelprodukte vir al jou landbou-aanwendings, lewendehawevoerkrale, wildbomas, tonnels, kweekhuise, heinings, afdakke en oorhoofse besproeiing teen bekostigbare pryse. Hierdie staalkabel is beskikbaar vanaf 1,5 mm tot 32 mm
- Staaldraadkabelbybehore: Oogboute, spanmoere, penskakels, klampe, aluminium-beslagringe (eyebolts, turnbuckles, shackles, clamps, aluminium ferrules)
- Iscor swart verf: 20 ℓ- en 210 ℓ konkas
- Sleeptoue en kabels: Sterk sleeptoue vir swaarvoertuie, trekkers en werktuie. Hierdie toue word vervaardig volgens jou spesifikasies in lengte en gewig. SWC het ketting-, staalkabel-, kinetiese en geweefde (webbing) trekstroppe beskikbaar.
- Penskakels (Shackles) – Boog- en D-tipe penskakels.

Org is nie net baie tevrede met SWC Quip se produkte nie, maar ook met hulle diens. “Die diens wat ek die afgelope ses jaar ontvang het, is puik. Daar word altyd spoedig aan my navrae aandag gegee en teruggekom met ‘n antwoord of prys of selfs net raad,” sê hy.
Hy wag nooit lank vir sy bestellings om op die plaas afgelewer te word nie.
“Ek het nog nooit meer as vyf werksdae gewag nie. Hulle aflewerings is baie vinnig,” sê Org.
SWC Quip se pryse is mededingend met die mark. Org doen altyd deeglike ondersoek oor pryse en vergelyk minstens vier tot vyf plekke se pryse. “Die prys speel nie so groot ‘n rol as gehalte reg is nie, en die gehalte is reg.”
Org sal beslis weer by SWC Quip koop en beveel dit ook vir ander boere aan.Kontak Bianca Brits by 082-445-5743 of bianca@swcquip.co.za met enige navrae of besoek hulle webwerf by https://www.swcquip.co.za/.