Categories: ArticlesPublished On: 9th June 2025

Bek-en-klouseer inentings is op pad sê minister van landbou

By 3 min read
510 words

2011-04-13T120000Z_1249917157_GM1E74E0EAY01_RTRMADP_3_SAFRICA-LIVESTOCK-744×495

Beeste op een van Karan Beef se plase buite Heidelberg, suidoos van Johannesburg. Foto: Siphiwe Sibeko, Reuters (Moneyweb.com).

In ‘n mediaverklaring wat op 6 Junie 2025 uitgereik is, het Landbou minister John Steenhuisen duidelikheid gegee oor die Bek-en-klouseer (BKS) situasie in Suid Afrika.

Na die onlangse uitbraak van die siekte by Karan Beef se Heidelberg voerkraal is daar kommer gerig oor vleisveiligheid en die ingryping van die departement om bestaande uitbrake te beperk en toekomstige uitbrake te voorkom.

In die verklaring het Steenhuisen gesê dat die Departement van Landbou oorval is met media navrae oor die voorkoms van BKS in veral KwaZulu-Natal en Gauteng.

“Ons wil graag die feite op die tafel lê en alle burgers vra om dit hulle taak te maak om ingelig te wees oor hoe om die verspreiding van hierdie siekte te beperk. Biosekuriteit is immers almal se verantwoordelikheid,” het Steenhuisen beklemtoon.

Steenhuisen het ‘n paar van die belangrikste vrae beantwoord:

Wat is die huidige ingryping deur die Departement van Landbou?

 Op die stadium word alle besmette eiendomme onder kwarantyn geplaas en geen beweging word toegelaat in of uit en deur hierdie gebiede en plase nie.

Groot gebiede waar individue nie kwarantynkennisgewings kan ontvang nie, word tot siektebestuursgebiede verklaar en dieselfde beperkings geld. Die diere in hierdie siektebestuursgebiede word ook ingeënt en as ingeënt gemerk (met ‘n F-brandmerk op die nek).

Hoeveel entstowwe is gekoop en die koste?

Die departement het 901 200 dosisse entstowwe ter waarde van meer as R70 miljoen bestel. Dit beteken dat meer as nege duisend diere ingeënt sal word in gebiede wat deur die departement geprioritiseer is.

Limpopo en Mpumalanga sal ook hulle roetine-inentings uitvoer, wat drie keer per jaar plaasvind. ‘n Gedeelte van die entstof sal na Gauteng en KwaZulu Natal gestuur word.

Wanneer en waar sal inenting begin?

 Verskeie spanne sal die bogenoemde gebiede gelyktydig inent en inentings sal dus nie net op een spesifieke plek begin nie.

Die proses sal begin sodra die entstowwe ontvang en goedgekeur is. Daar word verwag dat die departement die entstowwe laat volgende week (week van 9 Junie 2025) sal ontvang en dan in die daaropvolgende week sal begin.

Moet Suid-Afrikaners kommer oor vleistekorte?

 Steenhuisen is daar is geen kommer oor vleistekorte nie; ten spyte daarvan dat sommige voerkrale geraak is, is daar verskeie voerkrale wat nie geraak word nie.

Hy sê BKS maak ook nie diere dood nie, dus gaan daar nie massasterftes wees wat tot minder diere en dus ‘n tekort aan vleis sal lei nie.

Is dit veilig om vleis te eet wat met BKS besmet is?

 “BKS affekteer nie mense nie, dit affekteer slegs diere met gesplete hoewe, so verbruikers hoef nie bekommerd te wees nie.”

Steenhuisen se reaksie op uitbraak by Karan Beef:

 Die Rooivleisbedryfsdienste (RMIS) sal ‘n gesentraliseerde Operasionele Sentrum (OC) by hulle hoofkwartier op Maandag, 9 Junie 2025 aktiveer.

Die OC sal gelei word deur ‘n RMIS-veearts wat sal toesig hou oor ‘n span van 13

veeartsenykundige professionele persone, tesame met ‘n spesialis-agentskap vir openbare betrekkinge en openbare sake wat die SKB-werkgroep vorm.

Die SKB-werkgroep sal ‘n gestruktureerde, tydgebonde reaksie op die uitbraak ontwikkel en implementeer, met medium- tot langtermyndoelwitte, insluitend ‘n fokus gerig op inentings in sleutelareas.

Bron: RPO

0

Deel hierdie artikel.

Leave A Comment

0