Basta met ‘n swak mielie-oes! Pioneer wéét hoe

meredith-petrick-R4nmhchAszY-unsplash
Nuwe-tegnologie, sensasionele geelmieliebaster in die mediumlank, droëland-groeiklas vir die oostelike produksiegebiede
Die veranderde en moeilike klimaatsomstandighede waaraan Suid-Afrika se boere blootgestel word, maak gewasproduksie ՚n baie dinamiese bedryf. Huidige klimaatsverandering is steeds aan die toeneem en dus sal die behoefte aan aktiewe aanpassingsmaatreëls ook toeneem. Dit het veral betrekking op die beskerming van grond en gewasse teen ՚n toenemend wisselvallige klimaat wat meer uiterste weersomstandighede insluit. Gewasprodusente kan voortdurend outomaties by veranderende klimaatstoestande aanpas deur gewaskeuse, baster-/variëteitseleksie en agronomiese bestuur vir maksimum opbrengste.
Sodoende vind aanpassings outomaties plaas sonder dat iemand noodwendig daaraan dink. Aangesien die bestaande klimaatsverandering in die toekoms sal bly toeneem, word dit al hoe belangriker om aanpassings te doen en volgens die weeruitdagings te beplan.
Dit sal uiters belangrik wees om grond en gewasse teen ՚n meer wispelturige klimaat en uiterste gebeurtenisse te beskerm. Oor die korttermyn sal die grootste behoefte aan aanpassing waarskynlik nie stygende temperature en langer groeiseisoene wees nie, maar meer gereelde en intense reënval. Spesifieke aanpassingstegnieke sal volgens geografie, gewas en doeleinde verskil.
Weerstoestande tydens ՚n groeiseisoen kan ՚n enorme impak hê op die opbrengspotensiaal van ՚n gewas, die groei en verspreiding van onkruid, siektes en die vermoë om ՚n oes betyds te plant en te stroop. Die onvoorspelbaarheid van weer aan die begin van ՚n groeiseisoen, en onsekerheid rakende die gevolge daarvan, is ՚n voortdurende uitdaging om gewasbestuurspraktyke te optimaliseer.
Om langtermyn klimaatsveranderinge te verstaan, insluitend die gewasbestuursbesluite, is dit belangrik om risiko te minimaliseer en die waarskynlikheid van suksesvolle uitkomste in enige gegewe groeiseisoen te verhoog. Een van die belangrikste faktore wat klimaatverskuiwings regoor die wêreld tans beïnvloed, is stygende temperature. Die toenemende onbestendigheid van die klimaat vereis meer veerkragtigheid van gewasproduksiestelsels, basters en kultivars gedurende uiterste weersomstandighede.
P2362PW kan kortliks soos volg saamgevat word:
P2362 en P2362PW toon baie goeie en stabiele opbrengspotensiaal in die medium-lank groeimark in die oostelike produksiestreke.
P2362PW is nuwe PowerCore-tegnologie wat ook nou beskikbaar is. Dit is ՚n enkelkoppige baster wat beskik oor die vermoë om te kompenseer met ՚n tweede kop tydens laer plantbevolkings en laerpotensiaal-omstandighede. Die P2362-platform is ՚n baster met soortgelyke kenmerke as P2432. Dit is ՚n uitstekende platform om saam met die P1975 en P2342 in ՚n pakket te gebruik. Die P2362-platform beskik oor goeie agronomiese eienskappe soos mooi kophoogte en toon goeie plasing. Dit beskik oor redelike afdroging vir die groeiseisoenklas en stroop ook maklik.
Dit is ՚n baie aantreklike graan met ՚n hoë karoteen-inhoud. Die P2362-platform het goeie staanvermoë en ՚n redelike dik stam. Dit kom voor asof hierdie platform goeie verdraagsaamheid toon teen kop- en blaarsiektes. Die P2362-platform presteer in alle grondtipes en rywydtes, asook op meeste grondpotensiale. Dit wil voorkom asof die kultivar hoë suikers (antiosianiede) bevat en word ook rooi tydens uitdagende omstandighede. Die P2362 is ՚n platform wat tans goeie aanpasbaarheid en stabiliteit toon.
Belangrike agronomiese eienskappe
- Staanvermoë (goed)
- Opbrengspotensiaal (goed)
- Meerkoppigheid
- Kopplasing (goed)
- Droogteverdraagsaamheid
- Afdroging (goed)
- Produktiewe spruite
Siekteverdraagsaamheid
- • Bruinroes (hoog)
- Grysblaarvlek
- Noordelike blaarskroei
- Stam- en wortelvrot
- Kop- en pluimbrand
- Fusarium-kopvrot
- Diplodia-kopvrot
- Gibberella-kopvrot
Gewasteelpogings in sleutel geografiese gebiede tesame met uitgebreide plaaslike toetsing verseker dat nuwe basters en variëteite die eienskappe het wat nodig is om te floreer in die omgewings waarin hulle verbou word. Ek dink dit is baie belangrik om nie tydens droogte of in nat toestande, drastiese bestuurs-veranderinge aan boerderypraktyke aan te bring nie. Bly by wat werk en verminder sodoende die risiko.
- Opbrengspotensiaal – P2383W: Swart lyn: 0 lyn – P2383W Kolomme: Basters wat t/ha beter (+) of swakker (-) presteer as P2383W Aantal vergelykings: Geel Opbrengsverskil (t/ha): Oranje – waar basters % wenne teen P2383W toon
- Opbrengspotensiaal – P2362 Swart lyn: 0 lyn – P2362 Kolomme: Basters wat t/ha beter (+) of swakker (-) presteer as P2362 Aantal vergelykings: Geel opbrengsverskil (t/ha): Oranje – waar basters % beter presteer as P2362
Nuwe-tegnologie, sensasionele witmieliebaster in die medium-lank, droëland-groeiklas vir die oostelike produksiegebiede
Opbrengs en opbrengstabiliteit is seker van die belangrikste eienskappe as dit by die keuse van ՚n mieliebaster kom. Die volgende skematiese voorstelling stel drie belangrike eienskappe voor met betrekking tot die gepaste basterkeuse vir elke boer se omgewing en bestuurspraktyk:
Deur basters met hoë opbrengs en opbrengstabiliteit te teel, kan mielie-produktiwiteit onder verskeie omge-wingstoestande aansienlik verhoog. Hierdie basters lei tot optimale opbrengspotensiaal en meer konsekwente prestasie wanneer produksie onder verskeie omgewingstoestande, grondtipes en klimaatsveranderinge plaasvind.
Saadmaatskappye is onder druk om aan boere se vereistes ten opsigte van steekhoudende hoë opbrengste ten tyde van verskeie groeitoestande te voldoen. Boere wil doeltreffende produkte onder optimale toestande gebruik, maar erken dat stabiele doeltreffendheid gedurende minder optimale toestande net so belangrik is. Suid-Afrika se mielieproduserende gebiede bied uitda-gings ten opsigte van groeitoestande, verskeidenheid van grondtipes, en wisselende weerpatrone.
Pioneer het in die vorige seisoen die konvensionele, wit, medium-lang baster, P2383W, aan die oostelike mielieproduserende gebied bekendgestel. Hierdie seisoen het Pioneer met groot opgewondenheid die nuwe tegnologie, PowerCore P2383WPW, bekendgestel.
P2383WPW kan kortliks soos volg saamgevat word:
Dit het baie mooi primêre koppe met baie mooi graan- en skepelmassa en is aangepas vir hoë- en lae-potensiaaltoestande. Dit beskik oor goeie aanpasbaarheid en stabiliteit met goeie opbrengste op hoër-potensiaal grond. Dit is ՚n platform met baie goeie blaarsiekteweerstand en goeie stam- en wortelvrotverdraagsaamheid. P2383W en P2383WPW is ՚n grootraamplant en dra koppe hoog, maar het ՚n uitstekende staanvermoë. Dit verbruik water doeltreffend en kan stremming redelik goed bestuur. Die baster het ook goeie agronomiese eienskappe wat saam met P2553W en P2555WBR in ՚n pakket gebruik kan word. Dit moet verkieslik vroeg geplant word, voor 10 November.
Belangrike agronomiese eienskappe
- Staanvermoë (goed)
- Opbrengspotensiaal (goed)
- Meerkoppigheid
- Kopplasing (goed)
- Droogteverdraagsaamheid
- Afdroging
- Produktiewe spruite
Siekteverdraagsaamheid
- Bruinroes (hoog)
- Grysblaarvlek
- Noordelike blaarskroei (hoog)
- Stam- en wortelvrot
- Kop- en pluimbrand
- Fusarium-kopvrot
- Diplodia-kopvrot
- Gibberella-kopvrot
Opbrengs- en opbrengsstabiliteitseienskappe bied verhoogde produktiwiteit wanneer dit op ՚n volhoubare wyse gekombineer word met bestaande agronomiese praktyke.
Opbrengsstabiliteitseienskappe lei tot konsekwente, verbeterde opbrengste onder sowel optimale as meer uitdagende omge-wingstoestande. Onder ons hedendaag-se moeilike produksie-omstandighede, is hierdie tipe baster van uiterse belang. Pioneer is vol vertroue dat hierdie platform kan voldoen aan hierdie vereistes.
- Meerjarige gemiddelde opbrengste van verskillende basters: Dit dui die potensiaal en stabiliteit van die basters aan. Gemiddelde opbrengs word in wit blokkies bo-aan die kolomme aangedui. Aantal vergelykings is in geel blokkies onderaan die kolomme.
- Opbrengspotensiaal – P2383W: Swart lyn: 0 lyn – P2383W Kolomme: Basters wat t/ha beter (+) of swakker (-) presteer as P2383W Aantal vergelykings: Geel Opbrengsverskil (t/ha): Oranje – waar basters % wenne teen P2383W toon