APS – die antwoord op al jou beurtkrag frustrasies!

aps-solar-comercial-installations-007 (1) copy
Kommersiële installasies gedoen deur APS.
՚n Groeiende probleem in Suid-Afrika is toegang tot betroubare en bekostigbare elektrisiteit. Dit lei daartoe dat boere en Suid-Afrikaanse burgers noodgedwonge na alternatiewe kragbronne van hernubare energie oorskakel.
Son energie, asook ander hernubare bronne soos wind- en water krag opwekking, stel boere in staat om aan te hou werk as daar onderbrekings as gevolg van beurtkrag of kabel diefstal is, wat verseker dat produktiwiteit nie beïnvloed word nie. Die impak wat beurtkrag of krag onderbrekings op ՚n boerdery kan hê – veral dié wat vir besproeiing, melkery, pakhuiskoelstelsels en slagplaaskoelkamers van elektrisiteit afhanklik is – kan dié onderneming, asook die ekonomie, hard tref.
Wat is ‘n sonkrag stelsel?
՚n Son krag stelsel word geïnstalleer volgens jou behoeftes – het sy by jou huis, jou pakhuis, jou pomphuis of enige ander plek. Son panele versamel son energie en omskep dit in gelykstroom elektrisiteit wat die batterye laai. ՚n Omskakelaar (inverter) skakel die gelykstroom na wisselstroom oor, wat aan die hoof kragtoevoer gekoppel word om elektrisiteit aan die boer se pompe, spilpunte, koelkamers en ander toerusting te voorsien.

Kommersiële installasie gedoen by Anglo American Platinum-verspreidingsentrum in Rustenburg. Dit is ՚n 350 kW-stelselmet 844 panele op die grond.
APS se alternatiewe elektrisiteit oplossings
Affordable Power Solutions (APS)™ is ‘n maatskappy in private besit, wat spesialiseer in die ontwerp, verskaffing en installering van sonkrag stelsels om bekostigbare en volhoubare energie oplossings aan die algemene publiek, klein tot medium ondernemings, kommersiële kliënte en die landbou sektor te bied. Om hoë standaarde te handhaaf, installeer Affordable Power Solutions slegs topgehalte versekerings goedgekeurde produkte met lang waarborge en uitstekende naverkope diens.
“Ons streef daarna om die koste van ons produkte so laag as moontlik te hou,” sê Ben Janse van Rensburg, direkteur van Affordable Power Solutions.
“Ons glo vas in die krag en potensiaal van son energie as ‘n skoon en hernubare kragbron, en ons missie is om dit toeganklik en bekostigbaar vir almal te maak, sonder om gehalte in te boet.”

Huisinstallasies gedoen deur APS.
Betroubare verskaffers
APS hou streng by die Suid-Afrikaanse Fotovoltaïese Bedryfsvereniging (SAPVIA – South African Photovoltaic Industry Association) se standaarde. APS behoort ook aan die Suid-Afrikaanse Vereniging vir Hernubare en Alternatiewe Energie (SAAEA – Southern African Renewable and Alternative Energy Association) asook die Volhoubare energie vereniging van Suid-Afrika.
APS is ՚n lid van SESSA (Sustainable Energy Society of Southern Africa ) waar sowel die maatskappy as die klante baat vind by die gemoedsrus wat die bemiddeling van die SESSA-ombudsman kan bied in die geval van ‘n dispuut. Daarbenewens word APS ook in die SESSA-gids gelys as ‘n betroubare verskaffer wat SESSA se gedragskode nakom.
Die stelsels is maklik om te installeer, verbruikersvriendelik en bied ook ՚n 25 jaar vakmanskap waarborg. Wil jy raad hê oor watter stelsel om te installeer? Praat met met APS se kundige sonkrag tegnikusse en -installeerders oor jou behoeftes.

Vir meer inligting oor APS se produkte en dienste besoek hulle webwerf by https://affordablepowersolutions.co.za/ of kontak hulle by (+27)61-444-4998 of (+27)10-235-0519 of stuur ՚n e-pos na info@affordablepowersolutions.co.za.