Alnet skadunette die wen produk in jou stal

DSC00661
Alnet, wat reeds 60 jaar hulle kliënte met skadunette, landbounette, grondseile, stormnette en meer onlangs ook bio-afbreekbare toue diens, was weer by vanjaar se NAMPO Kaap.
“Ons is die eerste maatskappy wat destyds begin het met skadunette,” sê Ernst Oosthuizen, wie al vir 25 jaar die landbouverkoopsbestuurder by Alnet is.
“Ons is ‘n baie trotse maatskappy en werk met groot integriteit. Ons tree proaktief op en is leiers in die gebied. Ons het ook gehalte produkte wat uitgevoer word.”
Alnet staan bekend daarvoor dat hulle bekostigbare produkte lewer wat hou. Hulle skadunette se ontwerp gee jou plante die beste kans om groot ens terk te groei. Van die hoeveelheid lig wat deurgelaat word tot die kleur van die skadunet, alles speel ‘n rol.
Ons landbounette se digtheid begin by 20% en gaan tot en met 95%, die persentasie dui op die hoeveelheid sonlig wat deur die net gelaat word. Die 80% landbouskadunette word byvoorbeeld vir blomme en loof gebruik terwyl die 20% landbouskadunette vir gewasse soos sitrusbome en boorde gebruik word, hierdie nette word ook algemeen gebruik vir groot konstruksieprojekte.
Die 40% landbouskadunet kom in swart, wit, grys en groen.
Alnet se skadunette laat jou toe om die hoeveelheid sonlig wat jou plante kry te beheer, asook die temperatuur onder die net en die lugvloei.

Die Alnet NAMPO Kaap-span was gereed om besoekers meer oor hulle produkte te vertel.
Alnet se sonblokreeks bied tussen 85% en 80% skudu en word meestal gebruik vir afdakke, stoepe en ander huishoudelike projekte. Dit is ‘n liggewig-skadunet wat lekker buite werk en lank hou.
Hulle het ook nou ‘n bio-afbreekbare tou. ‘n Britse maatskappy het Alnet genader om die produk te ontwikkel en befonds ook die projek. “Die doel van die projek is om ‘n tou te maak wat oplosbaar is na twee tot drie jaar. Dit is spesifiek vir die visbedryf wat die visnette oplos sodat skilpaaie nie verstrengel in die see nie. Ons is trots dat ons gekies is vir hierdie projek,” sê Ernst.

Ernst Oosthuizen, landbouverkoopsbestuurder van Alnet wys die verskillende skadunette by NAMPO Kaap.
Dienslewering is alles
“Ons probeer goeie diens lewer om nie net kliënte te maak nie maar ook vriende in die veld,” voeg Ernst by.
Alnet het gebiedsbestuurders in elke gebied om jou by te staan. Besoek hulle webwerf gerus by www.alnet.co.za vir enige verdere navrae.