ALGAR se vernuftige oplossings verbeter veiligheid en doeltreffendheid in veehantering

IMG_3821
ALGAR se nuwe hommeltuigsleepwa het koppe laat draai by NAMPO. Dit vergemaklik die boer se werk deur alles, van ‘n landingsplatform, tot die vermoë om batterye te laai op een gerieflike plek te sentraliseer sodat die werk wat met hommeltuie op die plaas verrig moet word flink en ongestoord kan plaasvind.
Vir enige boer is doeltreffende veehantering noodsaaklik; nie net vir produktiwiteit nie, maar ook vir veiligheid, akkuraatheid en dierewelsyn.
ALGAR, ’n gevestigde Suid-Afrikaanse vervaardiger van landboutoerusting, verstaan hierdie dinamiek en bied duursame, praktiese oplossings vir bees- en skaapboere regoor die land; van bekroonde nekklampe en krale tot hulle nuutste trots, ’n gevorderde hommeltuigsleepwa of “drone trailer” soos ALGAR hom noem. ALGAR bewys keer op keer waarom hulle ’n vertroude naam in die bedryf is.
Bees- en skaaphantering: Veiligheid begin by die regte toerusting

ALGAR is al welbekend vir hulle uitstekende veehanteringstoerusting wat werksgerief aansienlik verbeter en ook sorg dat die boer minder arbeid nodig het om die taak te verrig.
ALGAR se nekklampe en hanteringskrale is ontwerp met twee hoofsake in gedagte: Beskerming van die dier én veiligheid van die werker.
Die nekklampe verseker dat beeste vinnig vasgevang en hanteer kan word. Inentings, dosering, merk of ander takekan met lae stress vir die dier verrig word.
Die gepatenteerde ontwerp van hulle skaap- en beesnekklampe sluit in funksies soos eenvoudige verstelling, stewige grypmeganismes en maklike toegang vir een persoon om take alleen te verrig. Die sterk staalstruktuur verseker duursaamheid en is gebou vir die strawwe Suid-Afrikaanse omstandighede.
Boere wat hierdie toerusting by hul werksessies insluit, getuig van vinniger werkvloei, minder beserings aan sowel dier as werker, en meer akkurate behandeling van individuele diere – ’n wesenlike voordeel in moderne boerdery waar tyd en akkuraatheid van kardinale belang is.

ALGAR spesialiseer in veetoerusting, of dit nou klein- of groot vee is. Hulle toerusting is stewig gebou en bied vir die boer vele voordele. Om meer werk, vinniger en met minder mense te verrig is ‘n wenresep vir enige veeboer.
Nuwe hommeltuigsleepwa: Die toekoms van plaasondersteuning
ALGAR se jongste skepping, die hommeltuigsleepwa, is ’n baanbrekende toevoeging tot enige vooruitdenkende plaas. Die sleepwa is spesiaal ontwerp om as mobiele lanseer- en landingsbasis vir hommeltuie gebruik te word, volledig met ingeboude herlaaistasies, berging, ’n werkstasie en kragopwekker.
Met hierdie wa kan boere hulle hommeltuig-bewerkings, of dit nou vir insekdoders op gewasse spuit, kunsmis strooi of meer is, na enige deel van die plaas neem. Dit spaar die boer tyd, deurdat jou hommeltuie kan laai op die wa en die stoor tenks voldoende is vir etlike hektaare se spuit.
By NAMPO 2025 het ALGAR hulle hele spektrum van produkte uitgestal – van veekrale en nekklampe tot die nuwe hommeltuigsleepwa, en bewys dat Suid-Afrikaanse vervaardiging steeds wêreldklas kan wees. Besoekers kon eerstehands ervaar hoe maklik en veilig die nekklampe werk, en ALGAR se span was reg om elke vraag te beantwoord met ’n toewyding aan praktiese oplossings en diens wat uitstaan.
Die hommeltuigsleepwa was een van die groot trekpleisters van die stalletjie; ’n teken van waarheen landbou beweeg, en hoe ALGAR daardie pad help baan. Hulle teenwoordigheid het bevestig dat hulle boere nie net met krale ondersteun nie, maar ook met vernuwende denke.
Of jy nou ’n kommersiële beesboer in die Vrystaat is, ’n wildboer in Limpopo, of ’n skaapboer in die Karoo, ALGAR se toerusting is ontwerp met jou uitdagings in gedagte. Hulle verstaan die vereistes van die plaas en ontwikkel toerusting wat werk, hou, en jou boerdery vorentoe vat.
Vir meer inligting, pryse of om ’n bestelling te plaas, besoek ALGAR se webblad: www.algar.co.za of kontak hulle direk by (+27)082-324-6256.