Agrotech SA se graansorteerders bring presisie en onafhanklikheid na jou plaas

Alan van Agrotech SA verduidelik hier dat die maatskappy nie net toerusting vervaardig vir die graanbedryf nie, maar ook masjiene verskaf wat neute kan sorteer om te sub-standaard neute uit te skakel.
Wanneer dit by graansortering kom, is presisie, kostedoeltreffendheid en betroubaarheid die sleutel tot volhoubare wins in moderne landbou. Agrotech SA, ‘n plaaslike verskaffer van vernuwende landboutoerusting, lewer nie net oplossings vir hierdie uitdagings nie, maar hulle stel nuwe standaarde. Met hulle unieke meganiese graansorteerders, insluitend modelle wat sonder elektrisiteit kan werk, stel hulle Suid-Afrikaanse boere in staat om graan, neute en ander landbouprodukte doeltreffend en teen minimale koste te sorteer.
Slim sortering
Een van Agrotech SA se grootste trekpleisters is hulle kraglose graansorteermasjien – ’n oplossing wat ontwerp is vir boere wat in afgeleë gebiede werk, of wat hulle energieverbruik wil beperk. Hierdie meganiese sorteerder gebruik nie elektrisiteit nie en is ideaal vir die sortering van verskeie soorte graan. Die masjien sorteer volgens grootte en laat boere toe om korrels van swak gehalte of vreemde materiaal maklik te skei van hul hoë-gehalte produk. Die gevolg is natuurlik minder verliese, beter gehalte graan, en hoër pryse in die mark.
Oplossings vir graan én neute
Agrotech se sorteeroplossings is nie beperk tot graan nie. Die maatskappy verskaf ook sorteerdereenhede vir neute soos makadamia’s, pekanneute en amandels. Hierdie toerusting sorteer neute volgens grootte deur middel van kleursorteerders en eenhede wat x-strale van die neute neem om die gehalte daarvan te bepaal. Die voordele hiervan bo vibrerende siflae is dat daar geen skade aan die neute aangerig word tydens die sorteringsproses nie. Dié sortering is noodsaaklik vir kommersiële verwerkingsaanlegte, aangesien eenvormige produkgroottes dikwels ‘n vereiste is vir uitvoer en verwerking. Elke masjien is gemaak van hoëgehalte, vlekvrye staal en is maklik om te onderhou en skoon te maak.
’n Nuwe standaard vir volhoubare, kostedoeltreffende sortering
Wat Agrotech se graan- en neutsorteerders laat uitstaan, is die balans tussen eenvoud en presisie. Die sorteerproses is vinnig, betroubaar en eenvoudig genoeg sodat plaaswerkers dit maklik kan bedryf sonder uitgebreide opleiding. Met min bewegende onderdele en ‘n robuuste ontwerp vereis die toerusting minimale versiening en het dit ‘n lang lewensduur selfs in rowwe plaasomstandighede.
Boonop kan Agrotech se toestelle maklik op sleepwaens gemonteer word vir gebruik op verskeie plekke op die plaas, of selfs tydens mobiele landboubedrywighede soos oesverwerking op afstande van die opbergfasiliteit.
NAMPO 2025: Presisie op uitstalling
By NAMPO 2025 het Agrotech SA hulle volledige reeks sorteer oplossings uitgestal – van hulle kraglose sorteerder tot hulle kleur sorterings masjien wat spesifiek vir graan en neute gebruik word. Boere kon self ervaar hoe vinnig en doeltreffend hierdie toerusting werk, en talle boere het die geleentheid gebruik om te bespreek hoe die masjiene by hulle bestaande boerderystelsels ingeskakel kan word.

Hierdie slim masjien van Agrotech SA sorteer hoë volumes graan op grond van korrelgrootte en -vorm en gebruik geen elektrisiteit nie.

Vir demonstrasiedoeleindes is mielies en sojabone tydens NAMPO van mekaar geskei. Hierdie masjien stel die boer in staat om graan van onkruidsade te skei en sodoende ‘n skoner oes te lewer wat ‘n hoër prys kan behaal.
Die Agrotech-span het besoekers aan hulle stalletjie vriendelik ontvang en waardevolle insig gedeel oor hoe sortering van graan en neute met die regte toerusting werklik ’n verskil kan maak aan winsgewendheid en marktoegang.

Alan Mackay van Agrotech SA verduidelik hier dat die maatskappy nie net toerusting vervaardig vir die graanbedryf nie, maar ook masjiene verskaf wat neute kan sorteer om te sub-standaard neute uit te skakel.
Minder verliese, meer wins, en beter beheer
Agrotech SA se sorteeroplossings bring ’n broodnodige kombinasie van robuustheid, eenvoud en tegniese akkuraatheid na Suid-Afrikaanse boere. Met opsies wat geen elektrisiteit benodig nie en ’n fokus op presisie en betroubaarheid, bied hierdie toerusting ’n werklike oplossing vir boere wat gehalte ernstig opneem.
Vir meer inligting oor Agrotech SA se graan- en neutsorteerders, besoek www.agrotechsa.co.za, of kontak hulle span direk vir ‘n demonstrasie en persoonlike raad.