Categories: Artikels, BesproeiingPublished On: 1st June 2023

AGRICO: “Besproeiing is ons hartklop”

By 3 min read

Agrico1_DSC_0247-1536×1024

“Agrico lewer ’n verskeidenheid produkte, maar in ons hart is besproeiing die fokus. Dit is ook wat ons hierdie jaar demonstreer by die skou,” vertel Grethe Bestbier, bemarkingsbestuurder, by Agrico se bedrywige uitstalling by NAMPO.

Sy sê dit is lekker om volspoed terug te wees by NAMPO en al die bedrywighede te aanskou, maar veral om hulle besoekers te verwelkom.

“Om onsself as die beste besproeiingsverskaffer in Suidelike Afrika te vestig, moet ons luister wat ons klante se behoeftes is. “Daar is twee dinge wat ons hierdie jaar herhaaldelik gehoor het. Die eerste is die boer se behoefte aan ’n groen en doeltreffende besproeiingstelsel, sowel ten opsigte van waterverbruik as energiebenutting. Die tweede is hoe belangrik dit is om naby die boer te beweeg, met ’n taknetwerk wat die nodige kundigheid bied en voorraad hou. Ons is trots om te kan sê ons bied albei: optimale besproeiingstelsels gerugsteun deur wydste ondersteuningsnetwerk in Suidelike Afrika.”

Agrico het tans 38 takke en boere het toegang tot besproeiingskundiges en stelselontwerpers onder een sambreel. Soos elke jaar, troon die profiel van die Agrico-spilpunt oor die uitstalling, maar dié kroonjuweel is net een van die vele oplossings wat Agrico bied. Johan Visser, besproeiingskundige, sê in ՚n land waar water en deesdae elektrisiteit, skaars kommoditeite is, is die optimale benutting van hulpbronne Agrico se hooffokus.

Hy sê: “Ons wil graag deel wees van die waardeketting vir die boer; vir sy hele produksiesiklus. Ons kan enige besproeiingstelsel aanpas vir ՚n boer se behoeftes, vir die gewasse wat hy plant en die omstandighede op sy plaas. Dit is die waarde wat ons span kundiges regoor die land vir die landbou bied.”

Laevolumebesproeiing is in baie gevalle ’n ideale oplossing. Agrico het ՚n paar voorbeelde van die soort besproeiing by hulle uitstalling vertoon. Drupbesproeiing bogronds en selfs ondergronds kan vir ’n verskeidenheid gewasse gebruik word. Die oplossings benut water en voedingstowwe baie doeltreffend. Watergebruik kan letterlik druppel vir druppel bestuur word en oplosbare voedingstowwe kan presies by die plante se wortelstelsel geplaas word, waar dit benodig word. Mikrobesproeiing is nog ՚n laevolume-oplossing wat met groot sukses deur veral deur boordboere gebruik word. Die wye verskeidenheid spuite sorg vir waterplasing vir enige behoefte. Johan sê om so ՚n stelsel doeltreffend te laat werk is daar sekere noodsaaklike komponente. Energiebesparing begin by die pomp wat met wisselspoed beheer kan word om nie meer water te pomp as wat nodig is nie.

՚n Filtreringstelsel verwyder onsuiwerhede uit die water en verhoed dat spuite en emitters verstop. Kleppe beheer die watervloei en -druk, en kan oor ’n afstand verstel word op grond van ’n vloei- en drukmeter se lesings. Dan is daar ook lugkleppe wat lug uit die stelsel laat, en verskillende groottes pype wat die stelsel aan mekaar koppel – met diktes gespesifiseer deur die ontwerpers. Net die beste gehalte produkte van betroubare verskaffers word ingevoer of plaaslik aangekoop. Agrico het ook drie fabrieke waar baie van die komponente vervaardig word.

Agrico se wakker span slimkoppe was gereed om besoekers by NAMPO te vertel wat hulle kan verwag as hulle een van die maatskappy se 38 takke in Suidelike Afrika besoek: Junior Labuschagne, Roland Andrag, Jurie Hayes, Walter Andrag, Johan Visser, Grethe Bestbier, Christo Hepburn, Guiliam Oberholster en Johan Myburgh.

Johan Myburgh, hoof meganiese ingenieur van Agrico, sê: “Ons as Agrico verstaan boere se uitdagings en behoeftes. Daarom het ons ՚n wye taknetwerk wat enige produk wat jy moontlik vir jou besproeiingstelsel nodig het, daar en dan kan lewer. “Ons kundiges by ons takke kan jou help met enige produk – pype, filters, kleppe, koppelstukke, pompe, spuite en meer – wat jy ook al nodig het. Ons streef daarna om voorraad naby jou te hê. Dit is ons beleid om nie dors gesaaides te laat wag nie.”

Vir jou optimale besproeiingstelsel, gesels met Agrico. Op hulle webwerf, www.agrico.co.za, kan jy die kontakbesonderhede van jou naaste tak sien en meer lees oor al hulle oplossings.

Deel hierdie artikel.

Leave A Comment