Categories: Artikels, Vee en WildPublished On: 27th August 2025

Afrika-perdesiekte: Ent nou in

By 3 min read
685 words

perdesiekte 1

Die dikkop-vorm van die siekte is gewoonlik dodelik vir besmette perde. (Bron: SAEHP)

Die Wes-Kaapse Departement van Landbou raai eienaars van perde aan om hulle perde betyds teen Afrika-perdesiekte in te ent. Die waarskuwing word gerig na buitengewoon baie reën wat tot ‘n nat somer in baie dele van die land geval het.

Muggies (Culicoides spesies) wat na baie reën in die somer laagliggende gebiede soos riviere en vleie uitbroei dra die siekte tussen perde oor. Die moontlikheid bestaan dat bytende vlieë dit ook kan oordra, en die muggies wat die siekte dra kan moontlik ook honderde kilometers ver op lugstrome versprei word.

Die virus is ‘n orbivirus in die familie Reoviridae, waarvan daar nege serotipes beken is. Die siekte is dodelik vir perde, maar perde wat herstel al immuun wees teen die serotipe waarmee die dier besmet was. Vullens wat aan merries drink wat immuun teen APS is, is ook vir ten minste ses maande immuun, maar moet daarna ingeënt word. Perde wat van APS herstel bly nie permanent nie draers van die siekte nie.

Voorkoming

Buiten inenting, kan maatreëls getref word om die risiko van besmetting te verminder. Perde wat laat saans op stal gesit en weer vroeg soggens uitgelaat word, is meer kwesbaar, want dan is die muggies baie aktief. Perde wat bedags onder koeltebome staan, kan ook blootgestel word.

Perdesiektegebiede

Die land is verdeel in vier verskillende perdesiektegebiede:

Die besmette gebied sluit die meeste provinsies buiten sekere dele van die Wes-Kaap wat binne die APS-gekontroleerde gebied val in.

Die beskermingsgebied dien as buffer tussen besmette gebiede.

Die toesiggebied, waar monitering en beheer meer intensief is, sluit die kleiner APS-vrye gebied in Kaapstad in.  Dit is noodsaaklik dat die gebied vry van die siekte by omdat die gebied as kwanrantyngebied dien wat noodsaaklik is vir die uitvoer van perde na ander wêrelddele.

Navorsing het getoon dat die virus voortdurend tussen muggies en sebras in die Krugerwildtuin plaasvind. Vermoedelik word donkies ook so besmet en kan, soos sebras, as reservoirgasheer dien. Sebras en donkies toon nie kliniese tekens nie, en muile is meer bestand as perde.

Die siekte verskyn elke jaar in Desember of Januarie eerste in die noordoostelike gedeelte van die Laeveld en versprei dan suidwaarts namate gunstige toestande vir muggies voorkom. Na die eerste ryp teen die einde  van April en in Mei verdwyn die siekte, maar waar ryp nie in die Laeveld voorkom nie, kan dit nog tot in Junie voorkom.

Muggies dra die virus oor tussen perde. (Bron: https://shorturl.at/6efEj)

Inenting

Die vensterperiode vir inenting teen die dodelike siekte is vanaf 1 Junie tot 31 Oktober. Omdat die siekte endemies is, is inenting  verpligtend.

In die besmette en beskermingsgebied word inenting deur die wet verplig. Die enigste geregistreerde geattenueerde entstof word deur Onderstepoort Biologiese Produkte (OBP) vervaardig.

Inenting moet gedurende die lae-risiko-seisoen wanneer daar  nie muggies voorkom nie, vanaf 1 Junie tot 31 Oktober geskied. Inenting verminder die voorkoms van die siekte en uiteindelik vrektes aansienlik, beperk oordraging van die virus en ondersteun veilige verskuiwing van perde wat noodsaaklik is vir die voortbestaan van die bedryf.

Ten einde die risiko’s wat gepaardgaan met entstof met die verskillende serotipes van die virus, word inenting nie gewoonlik in die APS-vrye gebied gedoen nie.

Dit word egter wel toegelaat met die toestemming van Staatsveeartsenydienste, soos wanneer die perde in die toekoms verskuif gaan word, en dan ook net tydens die vensterperiode vir inenting, naamlik vanaf begin Junie tot einde Oktober.

Wanneer ‘n perd na die beheerde gebied of tussen gebiede binne die beheerde gebied verskuif word, is inenting verpligtend. Die perd moet deur ‘n geregistreerde veearts ingeënt word, en dan ook nie meer as 24 maande voor en ten minste 40 dae vanaf die datum wat die perd verskuif moet word nie. Die inenting moet in die perd se paspoort aangeteken word.

Inenting is noodsaaklik vir die wettige beweging van perde tussen gebiede. Dit voorkom uitbrekings van die siekte en bowenal beskerm dit die land se vermoë om perde na internasionale bestemmings uit te voer.

Meer inligting is hier beskikbaar:   www.elsenburg.com of www.myhorse.org.za.

Bronverwysing

Malan, F. (2011) Afrika-perdesiekte. Landbou.com. https://www.landbou.com/kundiges/vra-vir-faffa/afrika-perdesiekte-20180423

 

0

Deel hierdie artikel.

Leave A Comment

0