Wintergewasse – 2024 produksieseisoen: Noord-Kaap skatting verhoog
Koring: Die verwagte produksie vir koring is 1,935 milj. ton, wat 0,24 % of 4 650 ton minder is as die vorige skatting van 1,940 milj. ton, terwyl die verwagte opbrengs 3,83 t/ha is.
Die verwagte produksie in die Wes-Kaap is 1,086 mij. ton (56%), wat 1,67% of 18 400 ton minder is as die vorige skatting van 1,104 milj. ton. In die Noord-Kaap is die verwagte produksie 292 600 ton (15%) – 2,67% of 7 600 ton meer as die vorige skatting van 285 000 ton. In die Vrystaat is die verwagte produksie 222 950 ton (12%) – onveranderd van die vorige maand se skatting.
Die oppervlakteskatting vir koring is 505 300 ha, waarvan ’n geraamde 368 000 ha of 73 % in die Wes-Kaap geplant is, 49 000 ha of 10% in die Vrystaat en 38 000 ha of 8 % in die Noord-Kaap.
Ander gewasse: Die produksieskatting vir gars is 377 050 ton, wat 1,48% of 5 515 ton meer is as die vorige maand se skatting van 371 535 ton. Die oppervlakte beplant word beraam op 100 700 ha, terwyl die verwagte opbrengs 3,74 t/ha beloop.
Die verwagte kanola-oes is onveranderd gelaat op 295 445 ton. Die oppervlakteskatting vir kanola is 165 750 ha, met ʼn verwagte opbrengs van 1,78 t/ha.
Die verwagte oes vir hawer vir die 2024-seisoen is 50 300 ton en die oppervlakteskatting is 31 000 ha. Die verwagte opbrengs is 1,62 t/ha.
In die geval van soetlupine is die produksieskatting 19 200 ton. Die oppervlakte beplant met soetlupine is 16 000 ha, en die verwagte opbrengs is 1,20 t/ha.
Die sesde produksieskatting vir wintergewasse vir 2024 sal op 28 Januarie 2025 vrygestel sal word.