Watter stand plant jy Pioneer se beste sojaboon P64T39R?

soybean-field-1610754_1280
Foto: Pixabay
Deur PR Janse van Rensburg, Pioneer Landboukundige
Sojabone word beskou as ‘n belangrike proteïen- en oliesadegewas, met die aanplantings in Suid-Afrika wat voortdurend uitbrei.
Die oppervlakte wat in 2007/2008 geplant is, het van 165 400 ha gestyg tot ‘n beraamde 787 200 ha wat in die 2017/2018 groeiseisoen verbou is. Hierdie toename van 4,75 keer dui op die progressiewe toename in sojaboonproduksie gedurende die afgelope 10 jaar (PRF, 2018).
Die toenemende plaaslike vraag na proteïenryke voedselbronne het ook bygedra tot ‘n toename in sojaboonproduksie, veral vir die vee-, pluimvee- en akwakultuurbedrywe, aangesien hierdie gewas as ‘n goedkoop bron van goeie gehalte proteïenvoer beskou word.
Die uitbreiding van sojaboonproduksie het tot gevolg dat die gewas blootgestel word aan nuwe boere weens die ekonomiese druk en lae insetkoste. Baie boere is onkundig oor sojabone en weet nie watter stand met watter rywydte om te plant nie en mors saad.
Bethal 52cm 2018/19
Hybrid |
Plant Population Rate | Yield t/ha | |
1 | P64T39R | 450,000 | 2.19 |
2 | P64T39R | 350,000 | 2.01 |
3 | P64T39R | 250,000 | 2.03 |
4 | P64T39R | 150,000 | 2.31 |
Let wel: Elke proefperseel is ‘n verskillende rywydte/omgewing en kan nie met mekaar vergelyk word nie.
52cm rywydte is die tendens om die populasie meer te maak, maar hier kan ons sien dat die 150 000 populasie die 450 000 met 120 kg geklop het. Rede is nog onduidelik.
Ermelo 76cm 2017/18 (Hoe opbrengs)
Hybrid |
Plant Population Rate | Yield t/ha | |
1 | P64T39R | 150,000 | 3.45 |
2 | P64T39R | 250,000 | 3.47 |
3 | P64T39R | 350,000 | 3.48 |
In ‘n goeie jaar is dit ook meer duidelik dat daar byna geen verskil in die opbrengs is nie. Die laer populasie kompenseer so goed en vang die hoër populasies met opbrengs.
Middelburg 91cm 2018/19
Hybrid |
Plant Population Rate | Yield t/ha | |
1 | P64T39R | 150,000 | 2.46 |
2 | P64T39R | 350,000 | 2.41 |
3 | P64T39R | 450,000 | 2.46 |
4 | P64T39R | 250,000 | 2.78 |
91cm rye is 250 000 stand die beste, lae en hoë potensiaal jare.
Kriel 76cm 2018/19 (Lae opbrengs)
Hybrid |
Plant Population Rate | Yield t/ha | |
1 | P64T39R | 250,000 | 1.61 |
2 | P64T39R | 350,000 | 1.75 |
3 | P64T39R | 450,000 | 1.66 |
4 | P64T39R | 150,000 | 1.65 |
In ‘n swakker jaar kompenseer die laer stande nie goed genoeg nie en wen die hoer stande.
Kompenseer: Is die vermoë van ‘n sojaboon om meer sytakke met meer peule per plant te produseer
Gevolgtrekking:
As jou plantpopulasie tussen 200 000 en 350 000 realiseer by enige rywydte is die vermoë daar vir ‘n goeie oes in hoë en lae opbrengsjare. 150 000 het wel goeie opbrengste, maar dis ‘n risiko vir die boer. P64T39R se genetika kan meer bosagtig wees en aanpas by ‘n lae plantestand maar tog goed reageer op ‘n hoër stand ook.
Kontak info.rsa@pioneer.com vir meer inligting.