Wat bring Mahindra Trekkers na NAMPO 2026?

6075 + Loader (1)
Die aftel na NAMPO Oesdag 2026 het begin, en soos altyd beloof hierdie hoogtepunt op die landboukalender om weer die beste van innovasie, tegnologie en praktiese oplossings in die landboubedryf vir boere bymekaar te bring.
Die aftel na NAMPO Oesdag 2026 het begin, en soos altyd beloof hierdie hoogtepunt op die landboukalender om weer die beste van innovasie, tegnologie en praktiese oplossings in die landboubedryf vir boere bymekaar te bring.
Van 12 tot 15 Mei 2026 by NAMPO Park buite Bothaville gaan duisende boere, landbouvennote en rolspelers in die bedryf saamtrek – en een standplaas wat beslis op jou lys moet wees, is dié van Mahindra Trekkers.
Met ՚n groeiende voetspoor in Suid-Afrika en ՚n reputasie vir betroubaarheid en waarde vir geld, bring Mahindra Trekkers vanjaar ՚n indrukwekkende reeks toerusting en trekkers vir skougangers. By Standplaas E5 kan boere self kom sien, die masjinerie van naby bekyk en eerstehands ervaar waarom Mahindra wêreldwyd as een van die grootste trekkervervaardigers beskou word.
Betroubare ondersteuning waarop boere kan staatmaak
Mahindra Trekkers se naverkoopbelofte vorm die kern van hul verbintenis tot elke boer. Hierdie belofte rus op drie sterk pilare wat gemoedsrus en betroubaarheid verseker: ՚n 5 jaar-waarborg, ՚n 3 000-uur waarborg, en ՚n indrukwekkende omkeertyd van drie werksdae op diens en onderdele. Dit beteken dat boere kan fokus op wat werklik saak maak, met die wete dat Mahindra se ondersteuning vinnig, doeltreffend en konsekwent daar is wanneer dit die nodigste is.

‘n Reeks wat werk wanneer dit saak maak
Mahindra se uitstalling by NAMPO vanjaar fokus op veelsydigheid. Van die trekkermodelle wat besoekers kan verwag, sluit in:
•Die 6060-reeks (2×4 en 4×4), bekend vir sy robuustheid en betroubare werkverrigting.
•Die 6075 4×4 met laaigraaf, geskik vir gemengde boerdery en verskeie hanteringstake op die plaas.
•Die kompakte maar kragtige 5660V, perfek vir nou rye en spesialiteitsgewasse.
•Die 7590 4×4, ontwerp vir swaarder take en groter bedrywighede.
Benewens Mahindra Trekkers se indrukwekkende trekkerreeks, sal daar ook ՚n reeks implemente en toerusting beskikbaar wees wat ontwerp en vervaardig word om boere se produktiwiteit te verhoog en insetkoste te optimaliseer. Dit sluit onder meer ՚n 3 ton-sleepwa, rotovator (roterende grondbewerker), 2000 ℓ-spuit, ՚n 9×9 kompakte krag-eg en meer in.
Iets groots is op pad!
Daar is ՚n besondere energie rondom Mahindra Trekkers se teenwoordigheid by NAMPO vanjaar … en met goeie
rede. Op 12 Mei 2026 gaan daar ՚n baie belangrike bekendstelling en aankondiging plaasvind by standplaas E5.
Vir boere wat op soek is na die volgende stap vorentoe – meer krag, beter doeltreffendheid en slim tegnologie, is hierdie ՚n oomblik wat jy eenvoudig nie kan bekostig om te mis nie. Maak seker jy woon Mahindra Trekkers se Standplaas op 12 Mei by vir meer inligting!
Die Mahindra-span staan reg
Mahindra Trekkers se span staan slaggereed om boere se vrae te antwoord en om jou by te staan in die volgende stap of besluit wat jy vir jou boerdery moet neem. Of jy nou opsoek is na ՚n betroubare werkesel vir daaglikse take, of ՚n kragtige trekker vir grondbewerking, Mahindra Trekkers se reeks bied oplossings wat gebou is om te hou en om jou boerdery vorentoe te vat.
Sien jou by Standplaas E5!
Besoek hul webwerf vir enige addisionele inligting oor hul trekkers of toerusting: mahindrafarmequipment.co.za

