Waarom dra my pekanneute nie elke jaar nie?

Sarel bakkie in pekanneut
Pekanneute se alternerende drag kan produsente moedeloos maak opsoek na oplossings.
Die eienskap veroorsaak dat die oes een jaar op standaard is, en die daaropvolgende jaar heelwat minder is. Die verskynsel vind nie net alternerend plaas oor verskillende boorde nie, maar vind gewoonlik oor ‘n hele gebied in ‘n seisoen plaas.
Die hoof rede vir die alternerende drag wat plaasvind is die fisiologiese siklus van die gewas wat beïnvloed word die seisoen se klimaat. Dit is dus ‘n inherente eienskap van die gewas, en moet ons daarmee saam boer.
Verskeie faktore lewer wel bydrae:
Lewende biotiese faktore bv. mikro-lewe in die rhisosfeer, of nie-lewende abiotiese faktore waarvan sommige nie bestuur kan word nie, nl. wind, temperatuur en reën. Ander wat ons wel kan bestuur sluit in snoei praktyke, jaarlikse bemestingstrategieë en vogbestuur kan die mate van alternerende drag verlig of selfs vermeerder, dus moet daar klem gelê word op die faktore waaroor ons wel beheer het.
Kultivarkeuse het die grootste invloed op die wisselvallige drag. Kultivars wat vroeg na vestiging groot opbrengste begin lewer is meer geneig daartoe om alternerend te dra soos hulle verouder. Die inisiasie en groei van die ogie net agter die neuttros in die periode van neutvul sal bepaal of die volgende seisoen ‘n “aan” of “af” jaar sal wees. Wat presies die inisiasie van die ogie veroorsaak word nog bestudeer in navorsing.
Gebalanseerde bestuursfaktore en ‘n gunstige seisoen, tesame met ‘n bemestingprogram- en strategie met die oog daarop om reserwes deur die loop van die seisoen te bou en in stand te hou, kan ‘n verligtende effek hê tot die alternerende drag. Daar moet egter steeds in gedagte gehou word dat dit ‘n inherente eienskap van die gewas is, en dit moet dus in rekening gebring word met die vooraf beplanning vir die seisoen.
Kontak die Atlantic Fertilisers-span om jou te help met ‘n voedingsprogram wat bestuur kan word soos die jaar ontvou.
Verwysings:
- Magazine, P.S. (2021) Insight into alternate bearing – do carbohydrates drive it?, Pecan South Magazine. Available at: https://www.pecansouthmagazine.com/magazine/article/insight-into-alternate-bearing-do-carbohydrates-drive-it/ (Accessed: 18 July 2023).
- Miller, K. (no date) Regenerative Agriculture Archives, Noble Research Institute. Available at: https://www.noble.org/news/publications/ag-news-and-views/2014/october/pecan-alternate-bearing-challenges-production/ (Accessed: 18 July 2023).