Vrystaatse Genetiese Ile De France-Groep se eerste aanlyn veiling ‘n reuse sukses!
Die eerste Vrystaatse Genetiese Ile de France groepveiling wat aanlyn gehou was op 10 Julie 2021 by Kroon Boma, Kroonstad was ‘n groot sukses. Die duurste ram, LOT 4, DTC19 120, van Bossie Clarke van Stanford behaal ‘n nuwe SA rekordprys vir die Ile de France ras en is verkoop vir R105 000.
Die uitsonderlike ram is gekoop deur drie gesamentlike kopers, Willie Oosthuizen van Rossville IDF-stoet, Vryburg, Henning van Tonder van Henlin IDF-stoet, Kroonstad asook Jannie Pretorius van Kuruman.
Henning, Willie en Jannie wil graag vir Bossie Clarke bedank vir die top ram wat hy aangebied het, en die geleentheid wat aan hulle gebied is om van die ram se nageslag te bekom. Hul opgewondenheid oor die nageslag van die ram was duidelik sigbaar!
Die duurste ooi en lam, Lot 88, DTC17 1590 ook van Bossie Clarke, is verkoop vir R26 500 aan Willem Lombaard van Bothaville.
Gemiddeld van die stoet diere was soos volg:
Stoet-ramme op dié veiling verkoop teen gemiddeld van R14 300. Stoet vroulike diere behaal ook goeie pryse. Stoet-ooie verkoop vir ‘n gemiddeld van R6 000, dragtige ooie verkoop teen gemiddeld van R10 695 en ooie met lammers se gemiddeld was R14 200.
Gemiddeld van die kommersiële diere was soos volg:
- Ooie: R 3 700
- Dragtige ooie: R 4 511
- Ramme: R 5 000
Die pryse wat op die veiling behaal is weerspiëel die top kwaliteit diere wat aangebied was en die telers kan werklik trots wees op hul aanbod.
Noordkaap Lewendehawe Vryburg wens die Vrystaatse Geneniese Ile de France Groep hartlik geluk met hul suksesvolle veiling. Danie du Preez van NKLH was die Afslaer.
Agri4all.com is dankbaar om deel te kon wees van hierdie suksesvolle veiling! Kontak Tiny Smith by 082 698 3353 om jou veiling te bemark.