Categories: NewsPublished On: 22nd January 2016

Vrystaat benodig dringend hulp

By 1 min read
230 words

Vrystaat-Landbou-logo-275×275

Boere in die Vrystaat benodig baie dringend 994 671 ton voer, sê Vrystaat Landbou. Dit blyk uit Vrystaat Landbou se tweede droogte-opname waaraan 600 boere deelgeneem het.

Hierdie deelname het ook aangedui dat 66% van die boere finansiering benodig om te oorleef. Die 600 boere het gesinne wat hulle aan die lewe moet hou en tans benodig hulle ’n inkomste van R15 874-miljoen per maand om hulle boerderykostes soos diesel, lone en kragkostes te betaal.

Die ekstra kostes beloop R2 984-miljard wat boere gaan benodig vir veevoer tot die weiding herstel  en die nuwe seisoen aangebreek het. Saaiboere se totale verlies is al meer as R443-miljoen.

Die droogte het R3 427-miljard verliese vir die Vrystaat se landelike ekonomieë tot gevolg . Slegs nege boere is deur die staat gehelp en 34 boere het hulp vanaf ander instansies ontvang, uitgesluit boere wat mekaar gehelp het deur byvoorbeeld Boere In Nood. Vrystaat Landbou het al meer as 250 boere in die droogtetyd gehelp.

Daar is 1 630 bale voer, 38 ton proteïenaanvulling en 2 877 sakke voerkorrels na 17 landbouverenigings versprei wat erg deur die droogte aangeraak is.

Volgens Vrystaat Landbou help die gemeenskappe mekaar in hierdie tyd.

Verder word daar nog waterbeperkings voorgestel aangesien Eskom baie water gebruik om krag op te wek. Dit het baie water in die Vanderkloof en Gariepdam verlore laat gaan, dus gaan Eskom-watervrylatings verbied word om die water te bespaar voor dit nog ’n groter krisis veroorsaak. 

 

0
Tags: ,

Deel hierdie artikel.

Leave A Comment

0