Vlakte Bonsmara studiegroep spog weereens met uitsonderlike pryse behaal op hulle 17de produksieveiling

_U17C-wQ
Vlakte Bonsmara studiegroep se onlangse veiling was ‘n reuse sukses. Te oordeel aan die kwaliteit diere wat te koop aangebied is.
Die Vlakte Bonsmara studiegroep doen dit reg!
Die 17de Vlakte Bonsmara studiegroep produksieveiling is op Vrydag, 5 Mei 2023, op die plaas Doornpan te Roedtan aangebied. Die veiling is deur Vleissentraal Bosveld aangebied en Mike Killassy was die afslaer.
Uitstaande gehalte het onder die hamer gekom. “Die verwagtinge is by verre oortref vir die dag,” se Kobus du Toit, voorsitter van die Vlakte Bonsmara studiegroep.
Die gemiddelde van die veiling was soos volg:
Bulle
18 Top Bonsmarastoetbulle is aangebied en behaal ’n gemiddelde prys van R110 000.00. Die duurste bulle van Jean Gouws, Lot 8 en Lot 11, word vir R180 000 verkoop. Lot 8 is verkoop aan Hardus De Beer (jnr & snr) van Harcor Boerdery. Lot 11 is verkoop aan Koos Hartzenberg.

Hardus De Beer (jnr) (koper van Lot 8) Koos Hartzenberg (koper van Lot 11) Jean Gouws (verkoper van die twee duurste bulle, Lot 8 en Lot 11) en Hardus De Beer (snr) (koper van Lot 8).
Vroulike diere:
Te oordeel aan die kwaliteit vroulike diere is die studiegroep beslis op die regte pad. Slegs streng gekeurde kommersiële diere is aangebied.
12 Speenverse behaal ‘n gemiddeld van R 12 000.00. Die hoogste prys van R 17 500.00 van Frits Kroon word verkoop aan Darren Sullivan.
27 Oop verse was aangebied teen ‘n gemiddeld van R 17 740.74. Die hoogste prys behaal was R 19 000 van Kobus du Toit, ook verkoop aan Darren Sullivan.
57 Koeie en kalwers behaal ‘n gemiddeld van R 39 859.65. Die hoogste prys van R 47 000.00 word behaal vir diere van L Riekert en seuns, gekoop deur Koos Hartzenberg.
43 Dragtige koeie verkoop teen ‘n gemiddeld van R 31 488.37. Die hoogste prys van R 37 000.00 word behaal vir diere van Henk Pretorius, gekoop deur Paul Mojopelo.
30 Dragtige koeie en kalwers (3-in1) behaal ‘n gemiddeld van R 50 166.67. Tian Kruger het die duurste prys van R 74 000.00 behaal, verkoop aan Koos Hartzenberg.
72 Dragtige verse behaal ‘n gemiddeld van R 33 125.00. Die hoogste prys behaal was R 58 000 van L Riekert en seuns, gekoop deur Anton Venter.
Spesiale toekennings is ook aan die volgende kopers na afloop van die veiling oorhandig.

Duurste speenverse: Darren Sullivan (koper) en Frits Kroon (verkoper).

Duurste oop verse: Darren Sullivan (koper) en Kobus du Toit (verkoper).

Duurste koei & kalf: Koos Hartzenberg (koper) en Leon Frits Riekert (verkoper).

Duurste dragtige koeie: Henk Pretorius (verkoper) en Paul Mojopelo (koper).

Duurste dragtige verse: Anton Venter (koper) en Leon Frits Riekert (verkoper).

Duurste drie-in-een: Koos Hartzenberg (koper) en Tian Kruger (verkoper).

Die manne van die Vlakte Bonsmara Studiegroep.