VIDEO – Yara en Oranjeriviervoere: ’n Venootskap wat werk

yara 2
Die verhaal van Oranjeriviervoere (ORV) is een van harde werk en deursettingsvermoë. Wat in 1982 as ’n klein voeraanleg deur die Botha-broers begin het, is vandag een van die grootste voersmaatskappye in Suid-Afrika.
Vir die afgelope nege jaar speel Yara Animal Nutrition (Yara AN) ook ’n belangrike rol in die suksesverhaal – en ORV maak steeds staat op Yara AN se produkte. Johan Botha is verantwoordelik vir die operasionele bestuur van ORV se veevoerfabriek, asook die aankoop van roumateriale.
“Roumateriale is ’n kritieke deel van ons besigheid. Ons moet op ons verskaffers kan staatmaak om gehaltegrondstowwe te lewer, sodat ons weer gehalteprodukte aan ons kliënte kan bied,” verduidelik Johan. Volgens hom is daar baie P21-produkte op die mark, maar ORV het nog altyd konstante kwaliteit van Yara AN ontvang – en dit is hoekom hulle steeds by Yara AN bly.
Kyk die video vir meer inligting: