VIDEO: Wil jy die beste kultivar hê? Kies LG 31.668 BR
Limagrain Heilbron Thumbnail
Die keuse van ’n kultivar het een van die belangrikste besluite geword wat ’n boer kan neem. Tydens ’n onlangse besoek aan proeflande naby Heilbron het Limagrain se agronoom, Brett Muirhead, insigte gedeel oor die prestasie van een van die maatskappy se nuwer geelmieliebasters, LG 31.668BR.
Dit word geposisioneer as ’n medium-rypwordingsbaster met ’n vergelykende relatiewe rypwordingstyd van ongeveer 120 dae. Dit pas goed binne die produksiegebied van die Oos-Vrystaat, waar hitte-eenhede dikwels beperk is en tydsberekening krities is.
Sien die video vir meer inligting.