VIDEO – Valley Rally 2025: Slim waterbenutting

Valley Rally TN
Waardevolle waterkennis is uitgeruil toe boere van regoor die Alldays-distrik, en selfs van oor die Botswana-grens, by Makoppas Nest saamgetrek het vir een van die belangrikste landbougeleenthede van die jaar: die Valley Rally.
Hierdie inligtingsdag, aangebied deur Valley in vennootskap met NTK (VKB Landbou) en met tegniese ondersteuning van Senninger, het boere bekend gestel aan gevorderde besproeiingstegnologie en die nuutste oplossings vir doeltreffende waterbestuur.
Een van die plaaslike boere, Jannie Venter, het vertel hoe hy Valley se toerusting gebruik om sy waterverbruik te optimaliseer en sy oeste te verbeter.