VIDEO: Reinke plaas water in die grond waar dit saakmaak

reinke 3
Op Pleroma boer hulle onder die Hartebeespoortdam-waterskema. Die kanaal loop van die Hartebeespoortdam tot by die Rooikoppiesdam, ’n afstand van sowat 54 km.
Pleroma moet elke Donderdag aansoek doen vir die water wat hulle die volgende week benodig.
“Water is lewe. Sonder water kan jy nie boer nie, en dit raak ’n probleem. Daarom het ons oorgeskakel na spilpunte – dit is meer effektief en jy kan dag en nag besproei,” sê Pieter du Preez.
Kyk die video en sien hoekom hulle Reinke gekies het: