Categories: Gewasproduksie Videos, Video's, VideosPublished On: 23rd January 2026

VIDEO – Reinke: ’n Familieboerdery waar tradisie en tegnologie saam groei

By 1 min read
143 words

reinke 2

Pleroma-familieboerdery, geleë in die hartjie van Brits in Noordwes, boer Pieter du Preez saam met sy seun, Herman, skoonseun, Martin Greyling, en dogter, Janita Greyling. Martin vertel dat Reinke se goeie naam die familie oortuig het om hul spilpunte aan te skaf.

“Omdat Reinke bekend is vir uitstekende diens en betroubaarheid, asook die tegnologie wat daarmee saamkom, was ons oortuig. Dit was ’n groot besluit,” sê Martin.

Hulle het twee Reinke-spilpunte bygevoeg en verbou in die somer suikermielies, saadmielies, groenbone en spinasie. Nog twee spilpunte word vir die toekoms beplan. Die spilpunte het egaliger besproeiing en beter groentegehalte meegebring. Hulle kan nou presies die regte hoeveelheid water per gewas toedien, wat tot merkbare water- en kostebesparings gelei het.

“Ek sal Reinke beslis aanbeveel. Hul diens en tegnologie kan enige boerdery verbeter,” sê Martin.

Kyk die video vir meer inligting:

0

Deel hierdie artikel.

Leave A Comment

0