VIDEO: Moenie Meyersvlei Bonsmara se 9de Produksieveiling misloop nie
Meyersvlei Thumbnairegl
Moenie Meyersvlei se 9de produksieveiling op Woensdag 18 Junie 2025, 11:00 te plaas Meyersvlei, Standerton misloop nie.
Hulle het bulle uit ‘n hoogs vrugbare kudde, met ‘n goeie verskeidenheid van tipes om uit te kies. Meyersvlei se teelbeleid van die afgelope sestien jaar verseker ook dat feno- en genotipes mekaar komplimenteer.
Op veiling is 60 SP bulle en 60 dragtige vroulike diere. Bulle word gratis afgelewer in ‘n 200 km radius.
Kyk hieronder en sien vir jouself: