VIDEO: Limagrain se kombinasie lusernkultivars is ‘n aanwins by Zoutpansdrift

limagrain reg
Wanneer jy aan die einde van die winter verby Zoutpansdrift naby Douglas ry sien jy lovergroen lusernlande. Hein Mulke se plaas is ‘n bewys dat die regte Limagrain Field Seeds kultivarkombinasie jou grond en jou wins kan verbeter.
Deur Limagrain Field Seeds se WL 525 HQ en WL 458 HQ lusernkultivars te meng, pluk hierdie Noord-Kaapse plaas die voordele van uitstekende opkoms, siekteweerstand en langtermyn grondgesondheid.
Hierdie twee Noord-Amerikaans geteelde kultivars, die een ‘n jarelange staatmaker, die ander ‘n nuwe kampioen, bewys dat slim saadkeuses die verskil maak.