VIDEO: Boer optimaal met Rovic se Optimer

VALBoeredag_RovicLeers_04-07-2024_THUMBNAIL
Elke boer se strewe en droom is om groter oeste te behaal met minder insetkoste en minder moeite. Rovic deel hierdie droom. Dit is hoekom Rovic deurgaans nuwe, beter werktuie by sy reeks voeg om die boer se hande sterker en sy beursie dikker te maak.
Die jongste nuttige Rovic-werktuig, die Kuhn XL Optimer 9000-stoppelbewerker, is by Val Boeredag aan boere bekend gestel.
Die Optimer is in twee modelle in Suid-Afrika en Afrika beskikbaar: een wat ses meter wyd werk en een wat ՚n allemintige nege meter op ՚n slag kafdraf.
Vir navrae besoek gerus Rovic se webtuiste by www.rovic.com.