VIDEO: Bielie Bonsmaras op aanbod by Boschoek se produksieveiling

Boschoek Bonsmaras
Die naam Boschoek Bonsmaras het deur genade reeds ‘n gevestigde plek in die Bonsmara-bedryf verwerf — ‘n stoet wat beslis geen bekendstelling meer nodig het nie. AH-genetika is ‘n bekende naam in die Bonsmara-bedryf met ‘n blywende nalatenskap in ‘n aantal gerekende kuddes. Boschoek Bonsmaras streef na die teling van top diere deur ‘n diepgewortelde toewyding aan streng seleksie, uitnemende bestuurspraktyke, ‘n ware passie vir genetika en die kuns van beesteling wat Boschoek by ‘n klompie suksesvolle en gevestigde telers in die bedryf aangeleer het.
Die diere self is die grootste getuienis van hierdie strewe en verbintenis — funksioneel, vrugbaar en bouvorm wat getuig van jare se genetika belegging en doeltreffende teling. Met meer as 15 jaar se ervaring, baie teleurstellings, fyn waarneming en genetika insig, poog Boschoek om deur gefokusde teling ‘n bydra tot die Bonsmara-ras te maak. Hulle toewyding aan gehalte en die strewe na ‘n vernuwende benadering maak van elke dier in die kudde ‘n belegging van waarde en ‘n boublokkie vir toekomstige beesteling. Boschoek Bonsmaras betree vanjaar ‘n nuwe seisoen.
Op Vrydag, 18 Julie 2025, bied hulle hul eerste onafhanklike produksieveiling aan te Warmbad Veemark, saam met ‘n groep gerekende medetelers. Dagboek die datum!