Video: ALNET: Die net wat net hou!

AGCO – Massey Pro Tour (1)
ALNET het 60 jaar van innovasie en integriteit by NAMPO Kaap gevier!
As pioniers van skadunette in Suid-Afrika, bied hulle ‘n indrukwekkende reeks landbou-oplossings, toue en visnette asook sportnette.
Hulle het landbou-nette wat van 20% tot 95% skadu bied en hulle nuutste bio-afbreekbare tou is ‘n slim stap vorentoe vir die visbedryf, ontwerp om na ‘n paar jaar op te los en sodoende diere te beskerm teen verstrengeling. ‘n Ware voorbeeld van volhoubaarheid en trots in aksie!