VIDEO: Agri Afrika se reeks betroubare toerusting

Legend Caddy
Agri Afrika OMBU Chaser Bin: Krag wat jou boerdery vorentoe dryf
Die OMBU Chaser Bin 21m³ van Agri Afrika is meer as net ‘n sleepwa. Dit is ‘n belegging in doeltreffendheid. Hierdie sleepwa, met sy robuuste ontwerp en hoë-gehalte komponente soos oliebad-ratkaste, is gebou om ‘n leeftyd te hou. Met ‘n indrukwekkende aflaaispoed van 14 ton in 4 minute, is dit die geskikte oplossing vir jou plaas. Marius Tolmay vertel meer.
Agri Afrika Legend STK27 Side Tipper: Toerusting wat ‘n verskil maak
Die Legend STK27 Side Tipper, gebou om te hou, spog met ‘n kapasiteit van 27m³ en ‘n 20-ton vragvermoë. Hierdie sleepwa is toegrus met ‘n swaardiens-onderstel, trekker-aste, en hidrouliese kantelstelsel vir maklike en doeltreffende aflaai. Die sykante van die sleepwa kan ook verwyder word om groot items soos bale te vervoer. Duursaamheid en veelsydigheid, alles-in-een!
Agri Afrika: Die Legend Soil Breaker is ‘n toonbeeld van tegnologie wat gemaak is vir duursaamheid
Elke roller is op sy eie veerbelaaide arm gemonteer, wat dit toelaat om onafhanklik aan te pas by die terrein. Die tande is van hoë treksterkte staal en het ‘n geharde punt vir ‘n lang lewensduur. Dit is die geskikte oplossing vir optimale grondvoorbereiding.
Agri Afrika: Die Legend Caddy is vervaardig om enige boerdery vorentoe te vat!
Die parallelogram-aksie laat jou toe om enige werktuig horisontaal op en af te beweeg, wat tyd spaar en werkverrigting verhoog. Die verstelbare trekstanghoogte is maklik versoenbaar by enige trekker. Met die dubbelwielstelsel kry jy uitstekende beweegbaarheid en stabiliteit op ongelyke terrein. ‘n Werklike ‘Legend’ in die veld!
Agri Afrika: Tyd is geld op die plaas, en die Legend Quick-Hitch is gebou om jou tyd te spaar
Koppel en ontkoppel jou werktuie binne sekondes sonder die risiko van beserings. Die omkeerbare ontwerp en vinnige losmeganisme verseker maksimum veelsydigheid en gebruiksgemak. Dis ‘n onmisbare belegging vir enige boer wat doeltreffendheid en veiligheid prioritiseer.
Die Legend Inter-Row Cultivator bied vernuwende oplossings vir presisieboerdery
Hierdie masjien is toegerus om tussen jou gewasse se rye onkruid uit te haal en die grond los te maak, sodat jou plante beter kan groei – presies wat jy nodig het vir ‘n suksesvolle oes!
Marius Tolmay vertel hoe die Great Plains 8-ry-planter jou planttydperk kan optimaliseer
Hierdie planter is lig op saad en benodig minimale onderhoud, wat dit ‘n ekonomiese en doeltreffende oplossing vir jou plaas maak. Die robuuste onwerp en hoë gehalte komponente waarvan die planter vervaardig is, verseker ‘n lang lewensduur en betroubare prestasie.
Die Legend HB8SS sub-soiler is ontwerp vir doeltreffende grondbewerking met minimale onderhoud
Die sub-soiler is ontwerp met die behoeftes van die boer in gedagte – verbeterde duursaamheid en moeitelose werking, met ‘n breekkrag van tot 1 800 kg by die punt. Marius Tolmay vertel hoe hierdie belegging vir jare lank sal hou. Kyk die video vir meer.
Agri Afrika: Die Great Plains Turbo-Max is meer as net ‘n werktuig
Die werktuig is toegerus met ‘n dubbel-segment raamwerk wat onafhanklik werk, en het ‘n vervoerwydte van slegs 4,1 meter. Hierdie veelsydigheid, tesame met die 20-duim turbo-lemmetjies, maak dit ‘n ware bate op enige plaas.
Agri Afrika: Met die Great Plains Field Cultivator berei jy jou lande voor
Die 8000-reeks is die slim manier om ‘n perfekte saadbed te skep, wat lei tot beter opbrengste. Marius Tolmay vertel meer.
Die Ombu Sunflower Header van Agri Afrika is ‘n tegnologiese deurbraak vir sonneblomboere
Die unieke ontwerp sny slegs die sonneblomkop, wat die hoeveelheid strooi in die masjien aansienlik verminder en die oesproses vinniger en skoner maak. Dit is ‘n belegging in presisie en doeltreffendheid vir jou plaas.
Die Legend HB8SS sub-soiler is ontwerp vir doeltreffende grondbewerking met minimale onderhoud
Die sub-soiler is ontwerp met die behoeftes van die boer in gedagte – verbeterde duursaamheid en moeitelose werking, met ‘n breekkrag van tot 1 800 kg by die punt. Marius Tolmay vertel hoe hierdie belegging vir jare lank sal hou. Kyk die video vir meer.