Categories: Mechanisation videos, Resource management videos, VideosPublished On: 19th March 2025

VIDEO: AGCO en JWL Landbou maak geskiedenis in Middelburg

By 1 min read
114 words

JWL OPENING

Goeie nuus vir boere in die omgewing van Middelburg is dat JWL Landbou, ՚n toonaangewende verspreider van landboutoerusting, in Februarie 2025 sy splinternuwe handelstak in Middelburg oopgemaak het. Hierdie uitbreiding is ՚n belangrike mylpaal in die maatskappy se strewe om boere regoor die streek beter te bedien met wêreldklas toerusting en diens.

Die nuwe tak bied ՚n uitgebreide reeks produkte, die volledige JWLprodukreeks, insluitend AGCO se gewilde Massey Ferguson- en Fendt-trekkers en toerusting wat bekend is vir hulle doeltreffendheid, betroubaarheid en gevorderde tegnologie. Met hierdie stap versterk JWL sy teenwoordigheid nie net in die streek nie, maar ook in die landbousektor, wat gehalte-oplossings nog nader aan plaaslike boere bring.

0

Deel hierdie artikel.

Leave A Comment

0