VIDEO: Advanta Kanola Boeredag – Kanola wat floreer

Aadvanta KanolaTNreg
Gert Els, Portefeuljebestuurder vir Kanola en Weidingsgewasse by Advanta Seeds Suid-Afrika, sê die maatskappy se missie is nie net om saad te verkoop nie, maar om boere van waardevolle data en kennis te voorsien.
“Ons versamel inligting van boere, verstaan hul uitdagings en voer dit terug na ons globale navorsing,” verduidelik Gert. “Deur variëteite onder plaaslike toestande te toets, kan ons oplossings bied wat spesifiek aangepas is vir Suid-Afrika se unieke klimaat en grond.”
Een van die groot voordele van kanola is sy aanpasbaarheid, veral in lae-reënvalgebiede soos Grootzanddrift tussen Bredasdorp en Napier.
Kyk die video vir meer inligting: