Verwagte kommersiële produksie vir koring is 0,94% meer as die vorige skatting

koring
Wintergewasse – 2018 produksieseisoen
Koring: Die verwagte kommersiële produksie vir koring is 1,862 miljoen ton, wat 0,94% of 17 300 ton meer is as die vorige skatting van 1,845 miljoen ton, terwyl die verwagte opbrengs 3,70 t/ha is. Die verwagte produksie in die Wes-Kaap is 906 300 ton (49%), in die Vrystaat 365 000 ton (20%) en in die Noord-Kaap 294 500 ton (16%). Die oppervlakteskatting vir koring is hersien na 503 350 ha, wat 5 000 ha minder is as die 508 350 ha teenoor die vorige skatting. Die beraamde oppervlakte geplant in die Wes-Kaap is 318 000 ha of 63%, die Vrystaat is 100 000 ha of 20% en 38 000 ha of 8% is in die Noord-Kaap.
Ander gewasse: Die produksieskatting vir moutgars is 396 340 ton, wat 1,41% of 5 500 ton meer is as die vorige skatting van 390 840 ton. Die oppervlakte beplant word beraam op 119 000 ha, terwyl die verwagte opbrengs 3,33 t/ha beloop. Die verwagte kanola-oes is 115 500 ton, wat 3,45% of 3 850 ton meer is as die vorige skatting van 111 650 ton. Die oppervlakteskatting vir kanola is
77 000 ha en die verwagte opbrengs is 1,50 t/ha.
Voorneme om somergewasse te plant
Produsente se voorneme om somergewasse te plant is gebaseer op die resultate van ’n nie-ewekansige opname onderneem deur die Direktoraat: Statistiek en Ekonomiese Analise van
die Departement van Landbou, Bosbou en Visserye en weerspieël die situasie teen die
middel van Oktober 2018.
Volgens die resultate van die opname, is kommersiёle produsente van voorneme om 2,448
miljoen ha mielies vir 2019 te plant, wat 5,6% of 129 550 ha meer is as die 2,319 miljoen ha
aangeplant verlede seisoen.
Die syfers toon dat produsente van voorneme is om 1,373 miljoen ha witmielies aan te
plant, wat 105 300 ha (8,3%) meer is as in die vorige seisoen. In die geval met
geelmielies is die verwagte aanplantings 1,075 miljoen ha, wat 24 250 ha (2,3%) meer is as
in die vorige seisoen.
Produsente het aangedui dat meer mielies, veral witmielies, aangeplant sal word vir die
2019-seisoen, hoofsaaklik as gevolg van wisselboupraktyke.
In die geval van sonneblomsaad word die verwagte aanplantings beraam op 575 000 ha,
wat 4,4% of 26 500 ha minder is as die 601 500 ha aangeplant verlede seisoen.
Die voorgenome sojaboon-aanplantings toon ’n toename van 8,2% of 64 600 ha, in
vergelyking met die vorige seisoen – vanaf 787 200 ha tot 851 800 ha.
Die verwagte aanplantings van grondbone gaan afneem met 11,2% of 6 300 ha, van
56 300 ha tot 50 000 ha.
Die voorgenome aanplantings van sorghum sal na verwagting toeneem met 49,3% of
14 200 ha na 43 000 ha, in vergelyking met die vorige seisoen.
Die verwagte aanplantings van droëbone word beraam op 60 000 ha, wat 12,4% of 6 640
ha meer is as in die vorige seisoen.
Die vierde produksieskatting vir wintergewasse vir 2018 sal op 27 November 2018 vrygestel sal word en die voorlopige oppervlakteskatting vir somergewasse vir 2019 op 29 Januarie 2019.
Bron: Oesskattingskomitee