Categories: Resource managementPublished On: 19th April 2016

Verminder jou risiko met “Undercover Farming”

By 2 min read
411 words

uf 194v xx

In ’n jaar soos hierdie waar droogte die norm is en dit nog vererger word deur hael en vroeë ryp, is elke boer deeglik bewus daarvan dat klimaat eintlik maar koning is en dat ons nie veel meer kan doen as om na sy pype te dans nie. Of kan ons? By vanjaar se Undercover Farming-konferensie en -ekspo wat net buite Pretoria gehou is, het dit weer duidelik geword dat die moontlikhede wat boerdery in nethuise en tonnels skep, al hoe groter word. Dit bied wel nog nie die antwoord vir droëland-graanboere nie, maar selfs veeboere kan begin kyk na die intensiewe verbouing van sekere groenvoergewasse onder beskerming. Vrugteboere begin ook toenemend deel in die oplossings wat netbedekking kan bied.

ProAgri het die Ekspo bygewoon as mediaborg en ons stap ’n draai deur ’n paar van die uitstallings:

Die reuse blink stoommasjien van Maarten D Koppenol van SFS, was een van die groot aandagtrekkers. Siektes wat in die grond neerslag kry as gevolg van intensiewe verbouing in tonnels, kan ’n groot probleem skep. Daar is chemiese middels wat alles wat lewe in die grond kan doodmaak, maar ’n meer biologies-vriendelike antwoord is om die grond tot op 28 cm diep letterlik te pasteuriseer teen 75 tot 80 grade Celsius. Waar Maarten en sy stoomblaser deurbeweeg het, bly geen slegte bakterieë agter nie en selfs uintjies blaas die aftog!

Nutrigro is die enigste vervaardiger van groeimedia uit klapperhaar en -dopprodukte in Suidelike Afrika. Dit is ’n neutrale groeimedium vir plante wat water goed kan opneem en hou met tot ’n duisend keer meer suurstof as grond, wat uitstekend is vir wortelvorming en plantgroei. Gary en Tamaryn Vercuiel het die voordele daarvan aan boere verduidelik.

Dennis van den Burg van Greenzone sê hulle bou enige tipe of grootte tonnel op enige plek en kan sorg vir die volle ou-tomatisering van so ’n stelsel. Hy sê hulle ondervind ook dat al hoe meer ooplandboere hulle risiko’s verminder deur te diversifiseer met verbouing in tonnelhuise.

Die mense van Florad neem klimaatbeheer ’n stap verder met die gebruik van isolasiepa-nele, sonkrag, hittepompe en ondervloerse of selfs ondergrondse waterverhitting. Rainer Prüter van Florad het ook die toekenning vir die skeppendste uitstalling by Undercover Farming gewen.

Sakata, (Mayford), is voortdurend besig met die ontwikkeling van nuwe groente-variëteite wat goed presteer in tonnels. Jan-Louis Bezuidenhout sê boere kan gerus navraag doen oor hulle wye verskeidenheid slaaikultivars wat ook voorsien in die groeiende behoefte aan slaaipakke vir die kleinhandel.

0

Deel hierdie artikel.

Leave A Comment

0