Van landbou tot mynbou – Benetrax het spierkrag na NAMPO toe gebring

20260512_142514
Die Benetrax NAMPO standplaas het van hul beste masjinerie ten toon gestel.
In die wêreld van swaar masjinerie dra min dinge soveel gewig soos betroubaarheid, ervaring en ’n sterk vennootskap. By NAMPO Bothaville vanjaar het Benetrax Machinery gewys waarom hulle sedert hul nederige ontstaan in 2013 tot een van die kragtigste spelers in die Suid-Afrikaanse grondverskuiwings- en materiaalhanterings markte gegroei het.
As ‘n trotse deel van die Route Management groep het Benetrax ’n omvattende reeks geelmasjiene op hulle standplaas vanjaar ten toon gestel, wat presies vir die unieke uitdagings van die plaaslike omgewing aangepas is.
![]() |
![]() |
![]() |
![]() |
Benetrax het ‘n wye reeks vurkhysers in verskillende groottes en handelsmerke.
’n Reeks vir elke behoefte
Of dit nou gaan oor ’n kompakte oplossing vir ’n boerdery of massiewe toerusting vir swaardiens-mynbou omgewings, Benetrax se produkreeks dek die hele spektrum. Op hulle NAMPO standplaas het verkoopsbestuurder, Allan Webber, verduidelik dat die maatskappy doelgerig op grondverskuiwingsmasjienerie, laaigrawe en vurkhysers fokus. Hul laaigraaf aanbod wissel van kleiner eenhede wat perfek by die alledaagse behoeftes van ’n boer pas, tot massiewe masjiene met volledige myn spesifikasies.
Vir materiaalhantering het hulle die uitstekende UN-vurkhysers ingevoer, beskikbaar in modelle van 2,5 ton tot 3,5 ton. Hierdie eenhede is in sowel diesel- as elektriese weergawes beskikbaar, met verskillende batterygrootte opsies om optimale werkverrigting te verseker. Benetrax is ook die amptelike agente van Sunward se veelsydige kompakte “skid steers”, teleskopiese hanteerders, lugwerkplatforms (aerial work platforms) en skêrhysers (scissor lifts).
![]() |
![]() |
Benetrax se Sunward graafmasjiene (excavators) wissel van ’n kompakte 1,8 ton model tot 95 ton model.
Gehalte wat homself in die praktyk bewys
Benetrax is die trotse Suid-Afrikaanse agent en verspreider vir topgehalte internasionale handelsmerke soos Ensign en Sunward. Die Ensign laaigrawe, wat vanaf Sjina ingevoer word, het reeds die harte van plaaslike verbruikers en boere gewen. Volgens Allan is daar byvoorbeeld min melkboere in die Wes-Kaap wat nie vandag ’n betroubare Ensign laaigraaf op hul plaas het nie.
Benetrax vertrou op Sunward se tegnologie, met graafmasjiene (excavators) wat wissel van ’n kompakte 1,8 ton model tot die reusagtige 95 ton mynbedryf reuse.
Allan wys daarop dat jy die sukses van ’n handelsmerk altyd aan sy naverkope diens kan meet. Benetrax ondervind bitter min waarborg eise op hul masjiene, wat die produk se absolute topgehalte en duursaamheid in die strawwe Suid-Afrikaanse toestande beklemtoon.
![]() |
![]() |
![]() |
![]() |
![]() |
![]() |
Die Benetrax stootskrapers is ‘n nuwe toevoeging waaroor die Benetrax span baie opgewonde is.
Nuwe tegnologie pak die brandstof-vloekwoord
’n Nuwe toevoeging waaroor die span opgewonde was tydens die skou, is die splinternuwe Benetrax stootskraper. Die maatskappy het doelgerig gesoek na ’n produk wat die mark kan vasvat deur moderne tegnologie te bied wat brandstofverbruik verlaag. Omdat brandstofkoste die grootste kopseer vir enige operateur is, is hierdie reeks spesifiek vir maksimum doeltreffendheid ontwerp.
Die eerste klompie masjiene is reeds in produksie en op pad na Suid-Afrika, met modelle wat wissel van ’n klein 13 ton drie-rigting-lem stootskraper vir landbougebruik tot ’n massiewe 60 ton mynbou stootskraper wat deur ’n kragtige 505 kW-enjin aangedryf word. Allan erken hy voel soos ’n kind met nuwe speelgoed as hy na hierdie reeks kyk, aangesien dit hul produkreeks volmaak afrond.

Benetrax voorsien ook skêrhysers.
Die volle ketting
In die mynbousektor sorg Benetrax masjinerie vir die totale lewensiklus van die proses, van begin tot einde. Benetrax kan alles verskaf, van die boor wat daardie eerste gate maak, tot die graafmasjien (excavator) wat die rou rotse in die masjienvergrysers (machine crushers) laai, en die uiteindelike laaigraaf wat die fyngebreekte klippies na hul eindbestemming stuur.
Elke laaigraafbak word boonop uniek by die fabriek volgens die spesifieke produk se digtheid gebou.
Uiteindelik is dit egter diens wat die deurslag gee. Grondbewerkings masjiene verteenwoordig ’n groot belegging, en Benetrax onderskei hulself deur uitmuntende naverkopediens en onmiddellike beskikbaarheid van onderdele. Hulle spog met ’n hoogs gekwalifiseerde span tegnikusse en velddiens werktuie wat masjiene direk op die terrein instandhou.
Gesteun deur ’n finansieel kragtige moedermaatskappy het Benetrax sedert 2013 organies gegroei en bied hulle ook buigsame finansieringspakkette en terugkoop-ooreenkomste om te voorkom dat jou belegging jou sak skud.
Hoewel die hekke van NAMPO vir vanjaar gesluit het, is die span gereed om die pad vorentoe saam met jou te loop. Besoek www.benetrax.co.za vir meer inligting.











