Categories: Artikels, GewasproduksiePublished On: 12th March 2020

Undercover Farming: Daar is ’n oplossing vir elke probleem

By 2 min read
265 words

undercover farming1

Daar is geen verskoning om nie ’n sukses maak van jou boerdery nie. By die Undercover Farming-konferensie en -skou in Pretoria was die deurlopende tema dat daar ’n plan vir elke probleem is.

Een van die grootste struikelblokke om met tonnelverbouing te begin is die kapitaaluitleg om strukture op te rig en al die stelsels te vestig. Vaughan Coetzee van ModelCapital het ’n finansiële ondersteuningskema bekend gestel waardeur ’n voornemende tonnelboer in samewerking met die maatskappy se struktuur- en dienstevennote alles wat nodig is om aan die gang te kom, kan huur of deur ’n huurkoopskema kan afbetaal.
’n Goed beplande besproeiingstelsel vir plante in intensiewe verbouingstelsels is ook ’n groot uitleg, maar sonder die insette van kundiges kan dit oor die langtermyn baie meer kos ten opsigte van watervermorsing en kraggebruik, sê Isobel van der Stoep van Cherry Irrigation.
Biologiese oplossings vir gesonde, volhoubare voedselproduksie het ook baie aandag geniet by die konferensie. SABO is ’n vrywillige organisasie wat gestig is om die gebruik van goedgekeurde biologiese produkte te bevorder. Jaco Marais an SABO sê die bedryf het ver gevorder om die wetenskaplikheid van biologiese middels te bewys en boere hoef nie alle chemie by die venster uit te gooi wanneer hulle meer biologies volhoubaar wil begin boer nie.
’n Gewilde spreker, Gail Pedra, wat oor medisinale gebruik van plante en vlugtige olies gesels het, is baie uitgesproke oor die struikelblokke wat in die pad van boere gelê word om cannabis te verbou. Sy sê die maatreëls vir die verbouing van dagga is net so streng soos vir opium. Sy hoop die beloftes wat in die parlement gemaak is vir die gelykmaak van die pad vir kleinboere word gou waar.
 
In die uitstalruimte is daar lekker gesels, inligting uitgedeel, sake gedoen en netwerkverhoudings gevestig.
0

Deel hierdie artikel.

Leave A Comment

0