Uit die Vitamechstal: Brillion – die briljante fynsaadplanter

brillion-okt-feature
Die durende droogte wys weer dat die boer sy grond en al die reën wat hy kry ten beste moet benut. Dit beteken dat plantwerk tydig, sekuur en ekonomies afgehandel moet word om elke saadjie die beste kans op ontkieming en ontwikkeling te bied en om elke druppel vog in die grond ten volle te benut.
Aangeplante weiding kan vir die veeboer die verskil tussen vooruitgang en ondergang beteken, maar gras- en lusernsaad is duur en erg kieskeurig oor presies hoe dit geplant wil word. Brillion van Vitamech is die fynsaadplanter wat spesiaal volgens fynsaad se vereistes ontwerp en vervaardig word.
Grassaad wil in die boonste 12,5 mm van die grond geplaas word om ten beste te ontkiem en te groei, maar hierdie boonste lagie bied ook die uitdaging van uitdroging, winderosie, broswording of korsvorming. Goeie nuus is dat die Brillion-fynsaadplanter al hierdie uitdagings uitmuntend bestuur.
Dit werk so:
Heel voor aan die Brillion loop veerbelaaide spoorverwyderaars om die spore wat die sleeptrekker se wiele vasgetrap het los te maak sodat die speelveld vir al die saad gelyk is. Daarna volg die Brillion se voorste gehapte rollers wat kluite fyndruk, klippers in die grond wegdruk en ’n ferm, snoesige saadbed vorm.
Brillion se presisie-uitmeters meet tot die fynste saad akkuraat af en wye skramgeute van sterk metaal begelei die saad egalig en eweredig tot op presies die regte lêplek in die boonste 12,5 cm van die grond, sonder gevaar dat die wind die klein saadjies van koers af kan waai voordat dit geplaas word. Daarna volg die gehapte agterste rollers wat die grond sorgsaam om die fyn saadjies vasdruk sodat elke saadjie die heel beste kans op flinke ontkieming en sterk groei het.
Hierdie noukeurige plantwerk behaal vir die boer ’n beter, digter, gesonder plantestand met saadbesparings van 50% en selfs meer! Die Brillion kry al hierdie dinge reg te danke aan fyn ingenieursvernuf, grondige landboukennis en voortdurende raadpleging met boere oor hulle behoeftes.
Dit het daartoe gelei dat ontwerpprestasies soos die volgende in die Brillion vervat is:
- Die planter se voorste uitmeetkas is ontwerp vir peulgewasse, soos lusern en klawer, se saad. Die mikro-uitmeters is presies geplaas vir eweredige saadverspreiding wat optimum ontkieming bevorder.
- Die agterste uitmeetkas se nuut-ontwerpte roer staaf met sy vogafwerende blaaie van poli-etileen hanteer die groter en kafagtige saadjies, sowel as klein saadjies teen ’n hoë tempo.
- Die gebruikersvriendelike mikrometer word met twee sleutels wat saam met die planter verskaf word volgens saadskale vir ’n ver skeidenheid saadsoorte ver-stel. ’n Eindelose aantal verstellings is moontlik.
- Die gegroefde rollers in die uitmeter meet selfs die kleinste saadjies presies uit tot so min as ’n halwe kilogram per hektaar!
- Die Brillion se stewige rollerwiele loop 50 mm uitmekaar om ’n perfekte saadbed te skep en om die plantdiepte streng te beheer. Die happe in die wiele vorm klein holtetjies in die grond om vog op te vang en te bewaar.
- Sowel die voorste as agterste rollers loop op vry asse sodat dit die grondglooiinge getrou volg, en die agterste roller is aan swaaiarms gemonteer sodat dit boonop op en af kan beweeg.
Vir meer inligting oor die briljante fynsaadplanter, sowel as Vitamech se ander nuttige werktuie, praat met Jurie Swart by 083-375-8840 of Louis van der Merwe by 072-626-8409 of 021-907-8000, of stuur ’n e-pos aan Jurie@vitamech.co.za. Besoek ook www.vitamech.co.za en http://landoll.com/Literature/Brillion% 20Lit/Brillion_Ag_Seeder/.
