Tyd vir aksie met New Holland se snyers en balers by Balfour Hooidag 2024

19
Derrick Coetzee van New Holland vertel meer van hulle produkte wat ten toon gestel is by Balfour Hooidag 2024.
New Holland se 316 snyer-kneuser het ‘n indrukwekkende snywydte van 4,95 m. Die snybed het individuele snyers met sy eie ratkas, sodat jy elke snyskyf individueel kan vervang sonder om die ander te beskadig.
Die indrukwekkende balers kan bale van 1,25 m x 1,22 m produseer. Dit het ook ‘n “pick-up” van 2,3 m. Met hierdie balers kan jy kies om al 20 lemme te gebruik, of om dit tien-tien te gebruik en so jou lemme skerp te hou.
Vir meer inligting, besoek https://agriculture.newholland.com/africa/en-za.