Categories: Meganisasie, WaterPublished On: 25th June 2018

Te veel mielies? Huur ’n Scania

By 4 min read
808 words

scania 1

Oestyd, veilingtyd of planttyd is die tye wanneer al die wiele op die plaas moet draai en dikwels moet daar bykomende vervoer gereël word om kwotas te haal. Die boer se vertroude vervoervennoot, Scania, het vyf jaar gelede ’n behoefte in die landbou- en kontrakteursmark aan ’n goeie gehalte verhuringsdiens geïdentifiseer.

Scania Rental is deel van Scania se algehele oplossingspakket en Nicola Erasmus, verhuringsbestuurder, sê hulle sluit graag vennootskappe met kliënte wat bykomende vervoer nodig het om kontraktuele vereistes na te kom of in piekseisoen wanneer daar groter aanvraag is.

“Scania deel die risiko met ons kliënte om hulle te ondersteun in tye van groei sodat hulle kontantvloei kan groei,” sê Nicola. “Ons is trots daarop om deel van die totale oplossingsaanbieding van Scania te wees.”

Die verhuringsafdeling is geïntegreer in alle aspekte van die Scania- sakemodel. Nuwe Scania-vragmotors word ingekoop en afgelewer by die verhuringsvloot met ’n volledige onderhoud- en Scania-versekeringspakket.

Nicola sê: “Ons sien volgens Scania se strengste standaarde om na die trokke in ons vloot en enigeen wat ’n Scania huur, kry ’n puik, betroubare voertuig wat opbrengs op belegging beteken.”

Kliënte het ook toegang tot dienste soos Scania se vlootbestuurspakket (FMS), insluitend ’n tweede satelliet-opsporingstelsel, Scania Assist vir ondersteuning deur die hele Suid-Afrika en al die buurlande, en laastens kan Scania kliënte bystaan met opleiding vir bestuurders.

Die verhuringsvloot wissel tussen 300 en 400 trokke op enige gegewe oomblik. Na drie jaar of 550 000 km word hulle oorgeplaas na Scania se afdeling vir gebruikte vragmotors waar hulle ’n volgende lewe ontvang om verkoop te word as gehalte gebruikte voertuig wat volledig deur Scania onderhou is.

Nicola sê ’n vragmotor is ’n belegging en al die nodig voorsorgmaatreëls word getref om die huurder en verhuurder te beskerm.

Scania Rental sal saam met die kliënt deur ’n behoeftebepaling gaan om te bevestig of die vervoerkontrak of -behoefte die verhuring regverdig en ook aan watter spesifikasies die vragmotor moet voldoen.

Die verhuringstydperk wissel van een maand tot ’n maksimum van 12 maande. Alle aansoeke is onderworpe aan die nagaan van kredietwaardigheid en bekostigbaarheid en na goedkeuring is daar ook ’n deposito betaalbaar wat terugbetaalbaar is aan die einde van die verhuringstermyn.

Die betalingsreëlings hang af van die risikoprofiel, maar wissel gewoonlik tussen sewe en dertig dae.

Kliënte word aangemoedig om hulle trokke by enige van die Scania werkswinkels op hulle roete in te boek wanneer dit tyd is vir versiening, waarna Scania se gekwalifiseerde personeel die res sal doen. Versiening en algemene onderhoud is ingesluit in die verhuringspakket.

Scania Rental voorsien nie sleepwaens nie, maar hulle kan jou in verbinding bring met die regte mense vir jou vervoerbehoeftes.

Scania se versekering en padbystand maak dit moontlik vir alle Scania- verhuringstrokke om oorgrens te gaan tot so ver noord as Lubumbashi in die DRK en om steeds dieselfde standaard van dienslewering as in Suid-Afrika te verwag.

Scania Rental se verteenwoordigers kan by Scania se kantore in Johannesburg, Kaapstad en Durban gevind word, maar boere word ook uitgenooi om by enige Scania-handelaar in die land aan te klop vir navrae oor verhurings. Scania se wye netwerk laat dit toe dat ’n verhuringstrok op enige plek in die land afgehaal of teruggegee kan word.

Nicola sê: “’n Wye verskeidenheid mense en ondernemings maak gebruik van ons verhuringsdiens.”

Baie van ons kliënte is jong ondernemings met een of twee trokke wat die geleentheid het om te groei, maar net nie die finansiële vermoë het om dadelik nog ’n trok aan te koop nie. Ander ondernemings het ’n hele vloot voertuie wat almal vasgevang is in kontrakte en dan kry hulle skielik ’n nuwe kontrak of ’n seisoensgebonde geleentheid.”

Boere wat rekordoeste verwag wat silo’s toe aangery moet word, moet vroegtydig hulle somme maak. Dalk is dit die moeite werd om ’n gehuurde Scania by jou bestaande vloot te voeg.

Nicola sê baie mense vra of hulle kan huur met die opsie om te koop en uiteindelik wil Scania hê dat elke huurder ’n eienaar word, maar die spesifieke trok wat jy huur, bly deel van die verhuringsvloot tot dit sy tyd is om verkoop te word. Scania se verkoopspan sal graag voornemende kopers bystaan om die regte keuse te maak.

“Ons verstaan dat iemand wat ’n Scania huur of bestuur, verlief sal raak op die trok en graag een wil besit, en ons stap die pad saam met ’n koper en sy onderneming. Dit hang af waar hy op sy reis na sukses is,” sê sy.

“Scania wil mense help met vervoeroplossings, sodat hulle op hulle ondernemings kan konsentreer.”

Vir meer inligting oor Scania se verhuringsdiens, skakel asseblief jou naaste Scania-handelaar of Scania se hoofkantoor by 011-661-9600.

Nicola Erasmus, bestuurder van Scania Rental, sê Scania se verhuringsopsies kan jou help om jou risiko te verminder sodat jou onderneming kan groei.

0

Deel hierdie artikel.

Leave A Comment

0