Categories: Artikels, Vee en WildPublished On: 25th April 2025

Taltec maak brand koeler vir boer en bees

By 5 min read
940 words

taltec 1

Taltec-brandysters maak ‘n netjiese en duidelike brandmerk met min moeite en pyn.

Dit is nooit lekker om ‘n bees te brandmark nie, maar ongelukkig is dit noodsaaklik. Gelukkig kan Taltec jou help met die regte toerusting, tegnieke en kundigheid sodat die proses so glad en pynloos as moontlik vir bees en boer afgehandel kan word.

Vlekvryestaal-brandysters

Taltec se brandysters word van vlekvrye staal gemaak om blase te voorkom. Vlekvrye staal is nie ’n goeie geleier van hitte nie. Dit word vinnig warm, maar dit word ook gou weer koud. Wanneer ons ’n dier brandmerk, wil ons die vel net warm genoeg maak om ’n letsel te laat – nie warmer nie.

Die proses is eenvoudig en vinnig. Hou die vlekvryestaal-brandyster ’n maksimum van drie sekondes teen die dier se vel om ’n duidelike letsel van die letter of nommer te laat. As die brandyster te veel hitte oordra, word die vel en vleis rondom die brandmerk ook warm en kan ’n brandblaas oor die hele gebied ontwikkel. Wanneer die brandblaas gesond word, bly daar dan net ’n onleesbare rowwe ronde merk agter.

Net genoeg hitte

Hoe sorg mens dan dat daar nie te veel hitte oorgedra word nie? Omdat jy nie ‘n brandblaas wil veroorsaak nie moet jy versigtig wees, dus moet jy die yster ferm teen die vel druk en hardop tel. Ons stel voor jy gebruik die ou metode van “Eenduisend, tweeduisend, drieduisend” en dan verwyder jy die yster.

’n Goeie manier om ’n perfekte brandmerk te verseker, is om die gebied wat gebrand is af te koel voordat jy die dier laat gaan. Dit verkoel dan ook die vel en vleis om die merk sodat dit nie verder brand en ‘n brandblaas vorm nie en  dit bring vir die bees verligting. Hiervoor kan jy ‘n emmer water en lap gebruik of sommer ‘n kalkkwas.

Sommige boere vries water in ou margarienbakkies en gebruik dan die gekondenseerde koue water om die gebied af te koel.

As jou brandysters van materiaal gemaak is wat stadig afkoel, soos yster of koper, sal meer hitte in die drie sekonde tydperk oorgedra word. Vind by die verskaffer uit wat die presiese brandtyd en -prosedure vir daardie ysters is.

Taltec gebruik vierkantstaaf en nie rondestaaf nie

Taltec maak gebruik van vierkantstaaf omdat die skerp kante van die letters verseker dat daar oral behoorlike kontak met die vel gemaak word en die gedeelte wat jy wil brand heeltemal warm word en die gebied daarrondom nie.

’n Letter wat van rondestaaf gemaak word, maak in die middel behoorlike kontak en dan al minder na die kante toe. Die brandmerk wat daarmee gemaak word, het ’n skadu-effek rondom die lyne, wat dit gesmeerd laat vertoon.

Die verskil tussen ’n gasyster en ’n vuuryster

Taltec se standaard-ysters is gasysters waarvan die letters 75 x 50 mm groot is. Kleiner ysters (tot 50 x 30 mm) kan op aanvraag gemaak word. Hierdie ysters word met ‘n gasoond warm gemaak.

Vuurysters word van dikker materiaal gemaak en is dus groter as gasysters. ’n Hout- of steenkoolvuur word gewoonlik warmer as die gasoond. Omdat vlekvrye staal sag word wanneer dit warm word, moet dikker materiaal gebruik word sodat die letters nie buig of hulle vorm verloor nie.

Die meeste skade word veroorsaak wanneer die letters gebruik word om die vuur om te roer en ons raai boere aan om hierdie gebruik te staak sodat hulle ysters langer kan hou.

Gasysters kan in ’n vuur warm gemaak word as jy versigtig met hulle werk sodat hulle hulle vorm behou.

Anders as ’n vuur, verhit ’n gasoond die ysters egalig en eenvormig sodat die kans om dowwe brandmerke of brandblase te veroorsaak, heelwat minder is. Daarom beveel ons ook aan dat jy eerder’n gasoond gebruik.

Hoekom moet diere geïmmobiliseer word?

Brand is vir die bees en die boer ’n pynlike ervaring wat ‘n mens so gou as moontlik agter die rug wil kry. As jy diere immobiliseer, bring hulle minder tyd in die drukgang deur, en dit verseker dat jy die eerste keer ’n deeglike, duidelik brandmerk kan aanbring. Dit skakel ’n gespook en geskop uit waarmee diere hulleself kan beseer. Daar is ook nie ’n gebrul en ’n geblaas wat die res van die diere ontstel nie.

Taltec se immobiliseerder

Taltec kan jy help om jou diere te immobiliseer ook. Ons immobiliseerder is maklik en veilig om te gebruik.

Taltec se immobiliseerder het vanuit die kragkassie twee drade met knippies op die punte. Die eerste knippie kan onder die bees se stert vas geknip word, maak net seker dat die kontakplek klam is. Gewoonlik mis beeste wanneer hulle hanteer word en dit bied genoeg klammigheid vir goeie kontak. Die ander word dan aan die bees se lip vasgeknip. Die gebied moet ook klam wees. Die knippies is sterk genoeg om goeie kontak te maak en nie tydens hantering af te glip nie.

Sodra jy die knippie aan die lip vasknip, moet jy dan net die beheerknop na ses draai. As die dier nie stil genoeg staan nie, draai dan die knop stadig verder. As die dier se bene begin meegee, is die sterkte te hoog en dan moet die knop effens laer gestel word.

Nekklampe en ander hanteringstoerusting

Vinnige en doeltreffende hantering verseker dat jy en jou diere minder tyd in die kraal hoef deur te bring. Daarvoor is doeltreffende hanteringstoerusting nodig. Maak nie saak hoe klein jou kudde is nie, as jy toerusting begin aanskaf, is ’n nekklamp die eerste ding om aan te dink en dan kan jy van daar af uitbrei.

Vir toerusting, kundigheid, raad en diens met veehantering is Taltec nommer een. Hou op sukkel: Skakel Tal-Tec by 012-250-2188 of e-pos taltec@icon.co.za of besoek www.taltec.co.za.

0

Deel hierdie artikel.

Leave A Comment

0