Talborne Organics: Die regte kunsmis vir ’n groter opbrengs

1
Gesonde grond, gesonde plante en gesonde mense is waarna Talborne Organics streef. Volgens Jenny Slabber, nasionale verkoopsbestuurder van Talborne Organics, vervaardig en versprei hulle innoverende produkreekse aan organiese en volhoubare boere (groot en klein), landskapargitekte en selfs tuiniers. Sy sê gesondheidsbewuste verbruikers toon ’n groot en daagliks groeiende aanvraag na organiese produkte.
Die doel van Talborne Organics se bemestingstowwe is om opbrengste te vermeerder en om gewasgehalte te verseker. Volhoubare en organiese boere is ook hulle grootste mark. Die mark behels avokado’s, sitrus, tafeldruiwe en wyn, groente, kosmaak-, medisinale- en vlugtige-oliekruie en koring vir organiese meel. Talborne werk ook saam met Moringa4all om boere te help om suksesvol organies te boer.
Talborne se organiese bemestingstowwe
Talborne se bemestingstowwe word saamgestel uit natuurlike bronne soos plant- en diermateriaal, asook natuurlike minerale en gesteentes. Hulle organiese bemestingstowwe munt uit as gevolg van hulle voordelige eienskappe wat wetenskaplik geformuleer word. Dit verbeter gewasprestasie, gehalte en gesondheid.
- VITA organiese bemestingstowwe –VITA is die enigste reeks geregistreerde organiese bemestingstowwe met ’n hoë voedingswaarde van makrovoedingstowwe (N-stikstof, P-fosfaat en K-kalium) en mikrovoedingstowwe in Suid-Afrika. Dit lewer verhoogde gehalte en opbrengste. Die voedingstowwe in VITA word geleidelik oor ’n tydperk van ongeveer vier tot ses maande vrygestel.
- ECO organiese bemestingstowwe – ECO-nomiese, ECO-logiese bemestingstowwe bestaande uit geformuleerde mengsels van kompos wat verryk is met VITA organiese plantvoedingstowwe. Dit word gebruik vir ekstensiewe produksiegrond met ’n tekort aan voedingstowwe en humus. Die Talborne Organiese bemestings stimuleer mikrobiese aktiwiteit, verbeter grondstruktuur, verhoed kluitvorming en verhoog die grond se voghouvermoë.
Talborne Organics se biologiese kunsmis
- ENVIRO-CARE bemestingstowwe – Hierdie reeks verryk hoë gehalte organiese bemestingstowwe met uitgesoekte chemiese bemestingstowwe om volhoubare boerdery teen optimale opbrengste en billike insetkostes te verseker vir die BIO-boer. Dit is sagter op die grondekosisteem en bevorder dus grondbewaring.
Om vir die boere se behoeftes voorsiening te maak, versprei Talborne Organics ook Biogrow en Kannar se organiese reekse vir beheer van peste en plantsiektes, Fertilis se erdwurmbemesting en Eco-Fert se vloeibare kunsmis aan SAOG- en Afrika-lande. “Produkte is plaaslik vervaardig en is goedgekeur as insette vir EU en USA NOP organies standaard deur Control Union in Holland, en geregistreer deur SA se Department van Landbou, dus geskik vir GlobalGAP-produksie,” sê Jenny.
Besoek Talborne Organics by www.talborne.co.za of skakel Jenny Slabber by 013-933-3172 of stuur ’n e-pos aan info@talborne.co.za