verslag
Suid-Afrikaanse landbou teken hoogste eerstekwartaal-handelsoorskot in geskiedenis aan
Suid-Afrika se landbousektor het in die eerste kwartaal van 2026 'n handelsoorskot van VS$1,55 miljard aangeteken. Dit is die hoogste eerstekwartaal-handelsoorskot op rekord en verteenwoordig 'n verbetering van 16,1% teenoor dieselfde tydperk verlede jaar, volgens AgriSA se eerste kwartaal handelverslag. Hierdie verslag ontleed landbou- en landbouverwerkte produkte wat onder[...]