veiligheid
SAID kom boere tegemoet met veiligheidskrisis
Boere kan nou diep in hulle beursies grawe om huis en haard te beskerm, want die Suid-Afrikaanse inkomstediens het onderneem om elke sent daarvan terug te betaal, op voorwaarde dat dit slegs geld is wat aan veiligheidtoerusting bestee is.
Agri Securitas Trustfonds span tegnologie in vir plaasbeskerming
Landelike misdaad is ’n nasionale krisis wat net nie opgelos kan of wil word nie en die Agri Securitas Trustfonds het besluit om tegnologiese hulpmiddels aan te wend in die stryd.
Georganiseerde plaaswagstelsels beteken plaasmoordenaars se einde
TLU SA se adjunk-president en voorsitter van die veiligheidskomitee, mnr Henry Geldenhuys, het die Leeudoringstadboere gelukgewens met hulle flinke optrede in die suksesvolle neutralisering van drie plaasmoordenaars, maar terselfdertyd ernstige misnoeë uitgespreek met die feit dat van hierdie moordenaars wat mnr Johan van Rensburg vermoor het, skynbaar al voorheen vir 15 jaar tronk toe gestuur is vir gewapende roof.