onkruiddoder
Syngenta lewer nou onkruiddoders vir Afrika
As jy nie meer kan byhou met die aanvraag na jou produkte nie, moet jy vinnig spring om plan te maak. As jou produkte boonop tegnologies gevorderde gewasbeskerming vir boere bied, is dit voorwaar ’n bewys dat kommersiële, gesofistikeerde en hoogs gespesialiseerde landbou besig is om fluks te groei in Suider-Afrika.
Onkruiddoders: Wissel af om weerstand te wen
Die hoofrede vir onkruidweerstand teen glifosaatonkruiddoder, soos Roundup®, is die aanhoudende, herhalende gebruik van die produk sonder afwisseling met ander onkruiddoders insluitende nie-chemiese onkruidbeheerpraktyke, sê prof Chris Preston van Australië.