Oesskatting
Oespryse goed genoeg vir kunsmisaankope
Die huidige oes/kunsmis-prysverhouding is gunstig vergeleke met dié van die vorige seisoen en behoort die vraag na kunsmis gedurende die 2016/17-plantseisoen te kan ondersteun, sê Adriaan de Lange, voorsitter van Fertasa (Misstofvereniging van Suider-Afrika), in sy jaarverslag wat tydens die vereniging se 56ste jaarkongres in Johannesburg voorgehou is. Adriaan[...]
Sojaoes verstewig verder
Volgens die oesskattingskomitee se jongste verslag het die soja-oes verder verstewig om nou op 1,042 miljoen ton te staan te kom. Dit is die eerste keer dat Suid-Afrika meer as ‘n miljoen ton soja lewer. Die mielie-oes bly onveranderd:Kommersiële mielies: Die grootte van die verwagte kommersiële mielie-oes is onveranderd[...]
Minder mielies maar meer soja
Suid-Afrika se soja-oes het vir die eerste keer deur die een miljoen ton-vlak gebreek, maar die kommersiële mielie-oes is effens afwaarts aangepas in die jongste raming van die Oesskattingskomitee. Kommersiële mielies:Die grootte van die verwagte kommersiële mielie-oes is op 9,755 miljoen ton gestel, wat 0,86% of 84 750 ton minder[...]
Die koringoes lyk beter as verwag
Die verwagte kommersiële produksie vir koring is 1,791 miljoen ton, wat 0,18% of 3 250 ton meer is as die vorige skatting van 1,787 miljoen ton, terwyl die verwagte opbrengs 3,76 t/ha is.