Categories: NewsPublished On: 25th November 2014

Die koringoes lyk beter as verwag

By 1 min read
111 words

Die verwagte kommersiële produksie vir koring is 1,791 miljoen ton, wat 0,18% of 3 250 ton meer is as die vorige skatting van 1,787 miljoen ton, terwyl die verwagte opbrengs 3,76 t/ha is. 

Die verwagte produksie in die Wes-Kaap is 914 500 ton (51%), in die Noord-Kaap 285 000 ton (16%) en in die Vrystaat 271 050 ton (15%). Die oppervlakteskatting vir koring is onveranderd gelaat op 476 570 ha. 

Ander gewasse: Die produksieskatting vir moutgars is 317 511 ton, wat 0,12 % of 381 ton minder is as die vorige skatting van 317 893 ton. Die oppervlakte beplant is beraam op 85 125 ha, terwyl die verwagte opbrengs 3,73 t/ha beloop. 

Die verwagte kanola-oes is ook afwaarts aangepas met 9 500 ton na 133 000 ton. Die oppervlakteskatting vir kanola is 95 000 ha, met ʼn verwagte opbrengs van 1,40 t/ha. 

0

Deel hierdie artikel.

Leave A Comment

0