Categories: NewsPublished On: 5th October 2015

Minder mielies maar meer soja

By 2 min read
304 words

 Suid-Afrika se soja-oes het vir die eerste keer deur die een miljoen ton-vlak gebreek, maar die kommersiële mielie-oes is effens afwaarts aangepas in die jongste raming van die Oesskattingskomitee.

 

Kommersiële mielies:

Die grootte van die verwagte kommersiële mielie-oes is op 9,755 miljoen ton gestel, wat 0,86% of 84 750 ton minder is as die vorige skatting van 9,840 miljoen ton. Die skatting van die oppervlakte onder mielies is onveranderd gelaat op 2,653 miljoen ha, terwyl die verwagte opbrengs 3,68 t/ha is.

Die oppervlak onder witmielies is 1,448 miljoen ha en vir geelmielies is die oppervlak 1,205 miljoen ha.

Die produksieskatting van witmielies is 4,650 miljoen ton, 1,73% of 82 000 ton minder as die 4,732 miljoen ton van die vorige skatting. Die opbrengs van witmielies is 3,21 t/ha. In die geval van geelmielies is die produksieskatting 5,106 miljoen ton, wat 0,05% of 2 750 ton minder is as die 5,108 miljoen ton van die vorige skatting. Die opbrengs van geelmielies is 4,24 t/ha.

Sojabone:

Die produksieskatting van sojabone is 1,008 mijoen ton wat 6,92% of 65 250 ton meer as die vorige skatting van 942 850 ton. Die geskatte oppervlakte beplant met sojabone is 687 300 ha, met ‘n verwagte opbrengs van 1,47 t/ha.

Sonneblomsaad:

Die produksieskatting vir sonneblomsaad is onveranderd gelaat op 612 400 ton teenoor die vorige skatting. Die oppervlakteskatting vir sonneblomsaad is 576 000 ha, terwyl die verwagte opbrengs 1,06 t/ha is.

Ander gewasse:

Die verwagte grondbone-oes is afwaarts aangepas met 3 870 ton na 62 855 ton teenoor die vorige skatting van 66 725 ton. Vir grondbone is die oppervlakteskatting 58 000 ha, terwyl the verwagte opbrengs 1,08 t/ha is.

Die produksieskatting van sorghum is 114 700 ton, wat 8,53% of 10 700 ton laer is as die 125 400 ton van die vorige skatting. Die oppervlakteskatting vir sorghum is 70 500 ha, en die verwagte opbrengs is 1,63 t/ha.

In die geval van droëbone is die produksieskatting ook afwaarts aangepas na 73 390 ton teenoor die vorige skatting. Die oppervlakte beplant met droëbone is 64 000 ha, en die verwagte opbrengs is 1,15 t/ha.

0

Deel hierdie artikel.

Leave A Comment

0