Sutherland Karoo Meatmaster Klubveiling 2023

Duurste Ram
Duurste ram

Sutherland Karoo Meatmasters sê baie dankie aan die kopers en verkopers van die derde Sutherland Karoo Meatmaster Klub veiling. Die gehalte diere was baie hoog. Dankie ook aan Nico Grobler Kernmeatmasters Klaas Grobler wat hulle ONAFHANKLIKE keurder was.
Charles Freeme, die president van die Genootskap het die veiling bygewoon en was baie beïndruk. Gekeurde diere is onder beskerming van die Meatmaster Genootskap verkoop. Die duurste ram was R54 000 van Piet de Lange aan Paul Burger van Piketberg.
Hulle voel onafhanklike keuring, alhoewel teen redelike koste, voeg baie waarde tot hulle veiling en daarom kan jy in die toekoms WEER met vertroue diere by hulle veiling aanskaf.
Dankie ook aan Vleissentraal vir baie goeie en professionele diens. Die AgriExpo met hulle demo’s bv Agri-Shalom se Veldman en die Fees stalletjies wat heerlik was het baie waarde toegevoeg.
Ondersteun hulle gerus weer volgende jaar.

Om jou veiling die nodige blootstelling te gee, kontak:
Tiny Smith – 082-698-3353 – tiny@agri4all.com
Lynette van Tonder – 074-694-4422 – lynette@agri4all.com