Summer Sale veiling behaal goeie pryse

347249766_257065377007456_6402198050167763814_n
Die jaarlikse produksieveiling van Summer Sale het op 7 September 2023 plaasgevind, te Be Human Bloemfontein en was weereens ’n reuse-sukses. Op aanbod was top Dormer en Santa genetika. Daar was ‘n goeie opkoms op die dag met goeie pryse behaal.
Desmond en Timmy van Santarific Santas het hulle dank uitgespreek teenoor Martin en Thinus de Kock. Dié pa en seun, wat toegewyde kliënte is, koop al jare lank Santa bulle op hulle veiling.

Van links na regs staan Desmond Robertson (verkoper), Thinus en Martin de Kock en Timmy Robertson (verkoper).
Die veiling is deur Karoo Osche aangebied en Steven Mathews was die afslaer gewees. Jan Botma van Sombrero Santas, was ook ‘n verkoper op die veiling.
Die gemiddelde en hoogste pryse van die dag was soos volg:
Bulle:
- Duurste Santabul, Lot S5 (SS 200173) is vir R150 000 verkoop aan Nico Meyer.
- 50 Saadstrooitjies is verkoop aan Jumardi Santas teen R750 elk van top Santabul SS 18-19.
- 17 Top Santastoetbulle is aangebied en behaal ’n gemiddelde prys van R61 588.24.
Koeie en verse

Enigste dragtige stoetkoei met ‘n kalf (3-in1), Lot S11 is verkoop vir R70 000.00.
- Duurste Dragtige vers, Lot S20 is verkoop vir R70 000.00.
- 12 Dragtige stoetverse behaal ‘n gemiddeld van R R32 545.00.
- 15 Kommersiële dragtige verse behaal ‘n gemiddeld van R 18 183.33.
As jy jou veiling wil bemark kontak:
Lynette van Tonder – 074 694 4422 – lynette@agri4all.com
Tiny Smith – 082 698 3353 – tiny@agri4all.com


