Categories: NuusPublished On: 7th July 2026

Stroperverkope daal met 4%

By 1 min read
173 words

DSCF0729

Trekkerverkope van 623 eenhede in Junie is 2% minder as die 636 eenhede wat verlede Junie verkoop is.  Vir die jaar tot dusver is trekkerverkope nou ongeveer 1% minder as verkope verlede jaar.  Elf stropers is in Junie verkoop, twee minder as die 13 eenhede wat verlede Junie verkoop is.   Vir die jaar tot dusver is stroperverkope nou byna 4% minder as verkope verlede jaar.

Daar is steeds baie onsekerhede in die mark vir landboumasjinerie.   Die mielie-oes is nog nie afgehandel nie en kan selfs voortgaan tot in September.   Met die seisoen wat so laat is, wag sekere boere steeds om te sien wat die opbrengs en gehalte van hulle mielie-oeste gaan wees.   Hoë insetkoste en die dreigende moontlikheid van die El Niño-fenomeen is ook oorsake van boere se besorgdheid.   Maar, met oliepryse wat daal en die hoë vlakke van vog in die grond wat nou heers, lyk toestande vir die aanvang van die komende somergewasseisoen nou gunstig.

Volgens huidige ramings sal trekkerverkope vir die 2026-kalenderjaar steeds soortgelyk of marginaal minder wees as verkope in 2025.

Bron: Suid-Afrikaanse Landboumasjinerieassosiasie

0

Deel hierdie artikel.

Leave A Comment

0