Stabiele skaapvleispryse verwag

skape
Plaaslike skaapvleispryse kan ondersteun word deur maandeinde-aankope en ‘n verhoogde vraag in lyn met seisoenale neigings, maar die skerp toename in slagtings mag druk op pryse plaas. Internasionaal sal ‘n verbetering in aanvraag tydens die feesseisoen lei tot stabiele pryse vir lam- en skaapprodukte, volgens ABSA Agri Trends.
Plaaslik
Skaapvleispryse was in die week van 22 November effens hoër, met ‘n verwagte opwaartse neiging na die einde van die maand se kant toe. Die voorspelde ABSA-pryse was as volg: Klas A is 0,10% hoër teen R60,00/kg en Klas C is 0,02% hoër teen R45,90/kg. Die gemiddelde pryse van voerlammers is 2,08% laer teen R31,04/kg. Die gemiddelde prys van dorperskaapvelle het 1,29% hoër verhandel teen R35,45/vel en merino het 1,59% hoër verhandel teen R80,00/vel.
Bulmark faktore
- Pryse sal deur maandeinde-aankope en hoër aankope tot en met die feesseisoen ondersteun word.
- Gunstige weervooruitsigte mag die veemark ondersteun omdat dit weiding sal laat herstel en kuddebou sal ondersteun.
Beermark faktore
- Verbruikersdruk mag ‘n negatiewe impak op aanvraag hê, veral as pryse hoog is. Veepryse sal na verwagting steeds ondersteun word soos wat die onlangse reënval weiding laat verbeter.
- Die slagkoers van skaap het week-tot-week met 19% van die vorige week gestyg en ‘n verdere styging van 31% het in die week van 22 November plaasgevind.
Internasionaal
Nieu-Seelandse lamspryse was die week van 22 November laer vergeleke met die vorige week. Lam het 1,44% laer afgesluit op NZ$82,10/kop vir ‘n 15 kg lam. Lamspryse was 0,77% laer teen NZ$115,70/kop vir ‘n 21 kg ooi. Invoerpariteitspryse vir lam was 1,24% hoër teen R62,31/kg, terwyl die invoerpariteitsprys vir skaapvleis 2,45% hoër was teen R36,91/kg.
Bulmark faktore
- In Nieu-Seeland is die jaar-op-jaar slagsyfers en lamverhandelingswaardes heelwat laer as wat tipies dié tyd van die jaar die geval is. Weens oorvloedige weidings is boere minder geneig om vee mark toe te stuur.
- Die huidige tekort aan sonskyn het ‘n impak op die gehalte van weiding en lammers vat langer om afrondingsgewig te bereik. Die gevolglike laer voorrade verooorsaak laer slagsyfers, wat moontlik eers in Desember sal verbeter.
Beermark faktore
- Daar is oor die langtermyn steeds afwaartse druk op Nieu-Seelandse pryse. Die negatiwiteit van die Nieu-Seelandse lamsmark het die aanvraag redelik laag in winkels gehou en dit kan ‘n invloed op pryse het sodra daar meer volumes beskikbaar is.
Bron: RPO bulletin